Bus­by sluit sy Man­go­ en Ni­ne West­win­kels in SA

Beeld - - SAKENUUS - Nel­lie Brand­Jon­ker

Al­le los­staan­de Man­go- en Ni­ne West-win­kels in Suid-A­fri­ka is ge­sluit en an­der in­ter­na­si­o­na­le groe­pe, soos Ri­ver Is­land, is ook in die pro­ses om hul win­kels toe te maak.

Tal­le oor­se­se klein­han­de­laars wat in Suid-A­fri­ka be­dry­wig is, her­sien hul stra­te­gie weens die swak be­dryfs­toe­stan­de, gro­ter me­de­din­ging van in­ter­na­si­o­na­le reuse soos H&M en die tal­le nu­we aan­lyn win­kels wat hul klan­te be­gin steel.

The Hou­se of Bus­by het die li­sen­sies vir Ni­ne West en Man­go in Suid-A­fri­ka be­sit.

Mark Sar­di, uit­voe­ren­de hoof van The Hou­se of Bus­by, sê die ver­to­ning van die han­dels­na­me is in her­o­ën­skou ge­neem en hul­le het toe be­sluit om die win­kels te sluit.

“Ons her­sien ge­reeld die ver­to­ning van ons han­dels­na­me.

“Ge­grond op hoe re­le­vant die pro­duk­te nog is, die ven­noot­skaps­mo­del wat met die in­ter­na­si­o­na­le han­dels­naam be­staan en e­ko­no­mie­se fak­to­re sal ons be­sluit of ons moet be­lê of dis­in­ves­teer,” sê Sar­di.

Aan­han­gers van dié be­ken- de han­dels­na­me hoef nie te bek­af te wees nie, want pro­duk­te van Man­go en Ni­ne West (net sy hand­sak­ke) gaan steeds in Ed­gars-win­kels te koop wees.

Ein­de Maart het The Hou­se of Bus­by se­we Man­go-win­kels en agt Ni­ne West-win­kels ge­had.

Sar­di sê hul ver­ko­pe het min­der as 5% tot die groep se om­set by­ge­dra.

“Die sluit van die win­kels het nie ’n we­sen­li­ke im­pak op die groep se wins­ge­wend­heid nie.”

Hy sê dit is nor­maal vir ’n ti­pie­se klein­han­dels­huis soos Bus­by om sy por­te­feul­je van han­dels­na­me ge­reeld te her­sien so­dat hy op nu­we ge­leent­he­de vir groei sal kan fo­kus.

Dit help om die groep se wins­ge­wend­heid oor tyd te ver­be­ter.

Vol­gens hom het nie­mand hul werk ver­loor nie en is al die werk­ne­mers wat by Man­go en Ni­ne West ge­werk het, na van sy an­der han­dels­na­me ge­skuif.

M­vu­la Se­ro­to, ’n be­leg­gings­ont­le­der van Ca­ta­lyst Fonds­be­stuur­ders, sê tal­le klein­han­de­laars in Suid-A­fri­ka – ver­al die kle­re­win­kel- groe­pe – voel die druk van die swak e­ko­no­mie en die gro­ter me­de­din­ging van in­ter­na­si­o­na­le groe­pe soos H&M en Cot­ton On wat hier win­kels oop­maak.

Vol­gens Se­ro­to het E­d­con, wat on­der meer Ed­gars, Jet en Bo­ard­mans be­sit, ook be­gin om sy win­kels te her­oor­weeg.

S­tut­ta­fords gaan in Au­gus­tus sy laas­te win­kels sluit.

Nog ’n han­dels­naam wat die af­ge­lo­pe twee jaar in Suid-A­fri­ka was – Ri­ver Is­land van B­rit­tan­je – gaan vol­gens hom ook nou sy deu­re sluit.

Van die win­kels het reeds ge­sluit, ter­wyl die an­der voor ein­de Sep­tem­ber sluit.

Ri­ver Is­land het so­wat ses los­staan­de win­kels ge­had. Die win­kels in Ed­gars sluit ein­de Au­gus­tus.

Se­ro­to sê die win­kels wat ge­sluit word, sal vir die groot win­kel­sen­trums ’n kop­seer wees.

“Dit sal waar­skyn­lik ty­de­lik hul in­kom­ste raak ter­wyl hul­le na nu­we huur­ders soek.”

S­tut­ta­fords se groot win­kel in Ca­nal Walk in Kaap­stad wat on­langs ge­sluit het, is deur H&M in­ge­neem.

Fo­to: NEL­LIE BRAND­JON­KER

The Hou­se of Bus­by gaan sy Ni­ne West­ en Man­go­win­kels sluit. Bus­by be­sit ook die li­sen­sie om Gu­ess­win­kels in Suid­A­fri­ka te be­dryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.