Gup­tas se Oak­bay de­no­teer

Beeld - - SAKENUUS - – Niel Jou­bert

Oak­bay Re­sour­ces and E­ner­gy gaan de­no­teer van die JSE om­dat die maat­skap­py nie aan die no­te­rings­ver­eis­tes kan vol­doen nie.

Oak­bay is die Gup­ta­fa­mi­lie se ge­no­teer­de maat­skap­py.

Dit volg na­dat die maat­skap­py se aan­de­le­beurs­borg en oor­drag­se­kre­ta­ris in Ju­nie be­dank het.

Dié twee aan­stel­lings is ver­plig­tend krag­tens die JSE se no­te­rings­ver­eis­tes en speel ’n be­lang­ri­ke rol in sy re­gu­la­to­rie­se en toe­sig­struk­tuur.

Oak­bay sê op Sens, die JSE se nuus­diens, hy het ver­skeie JSE­ge­ak­kre­di­teer­de bor­ge en oor­drag­se­kre­ta­ris­se ge­na­der, maar “sy po­gings was on­suk­ses­vol om die va­ka­tu­res te vul”.

Hy is van die me­ning dat die kans skraal is dat hy die va­kan­te po­si­sies sal kan vul.

Die JSE het eer­gis­ter Oak­bay se ver­soek toe­ge­staan om die maat­skap­py te de­no­teer, sê die maat­skap­py. Die laas­te dag om in sy aan­de­le te ver­han­del is Dins­dag 18 Ju­lie en op Maan­dag 24 Ju­lie sal sy no­te­ring be­ëin­dig word.

Oak­bay se ver­han­de­ling op die JSE is se­dert 23 Ju­nie ty­de­lik op­ge­skort.

Oak­bay het op 13 Ju­nie ge­sê Ter­bi­um Fi­nan­ci­al Ser­vi­ces gaan sy diens­te as oor­drag­se­kre­ta­ris “ná ’n in­ter­ne oor­sig en kon­sul­ta­sie met die be­stuur” be­ëin­dig. Op 5 Ju­nie het Oak­bay aan­ge­kon­dig dat Ri­ver Group ken­nis ge­gee het dat hy hom as sy JSE­borg gaan ont­trek.

Die be­dan­king van die om­stre­de Mark Pa­mensky, on­af­hank­li­ke nie­uit­voe­ren­de di­rek­teur, op 12 Mei het ook tot pro­ble­me ge­lei. Pa­mensky was ook die voor­sit­ter van die ou­dit­ko­mi­tee.

Pa­mensky het in No­vem­ber as nie­uit­voe­ren­de di­rek­teur van E­s­kom be­dank, skaars ’n week na­dat B­ri­an Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof be­dank het. Al­bei is in adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer, se ver­slag oor staat­skaping ge­noem.

Pa­mensky is in E­s­kom se di­rek­sie aan­ge­stel so­wat d­rie maan­de na­dat hy in Oak­bay s’n aan­ge­stel is.

Oak­bay sê Pa­mensky se be­dan­king het die sa­me­stel­ling van ver­skeie di­rek­sie­ko­mi­tees, waar­on­der die ou­di­ten ri­si­ko­ko­mi­tee, die maat­skap­li­ke, e­tiek­ en ver­goe­dings­ko­mi­tee, en die be­noe­mings­ko­mi­tee, ge­kom­pro­mit­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.