Wet­ge­wing won­der­lik, tog ly ge­strem­des nog by werk

Raad pak werk­ge­wer oor dis­kri­mi­na­sie

Beeld - - SAKENUUS - Vi­da Booy­sen

Suid-A­fri­ka het won­der­li­ke wet­ge­wing om die reg­te van men­se met ge­stremd­he­de te be­skerm en te be­vor­der, maar wat is die wet­te werd as ons dit nie in die prak­tyk toe­pas nie?

Só vra T­her­i­na Went­zel, na­si­o­na­le di­rek­teur van die Na­si­o­na­le Raad vir Per­so­ne met Ge­stremd­he­de (NRPG).

“Men­se moet wet­ge­wing reg­ver­dig en kon­se­kwent toe­pas so­dat al­mal – maak nie saak wie hul­le is nie – daar­by kan baat vind.”

Art. 9(4) van die Grond­wet be­paal dat nie­mand on­bil­lik teen e­ni­ge per­soon mag dis­kri­mi­neer op grond van on­der meer ras, taal, ge­slag, ou­der­dom, ge­stremd­heid, gods­diens en sek­su­e­le o­ri­ën­ta­sie nie.

In die­self­de ar­ti­kel word be­paal dat na­si­o­na­le wet­ge­wing in­ge­stel moet word om on­bil­li­ke dis­kri­mi­na­sie te voor­kom of te ver­bied.

Art. 10 van die Grond­wet waar­borg ook die reg op mens­waar­dig­heid.

Op ’n prak­tie­ser vlak is die Wet op Bil­li­ke In­diens­ne­ming reeds in 1998 van krag ge­maak om uit­voe­ring te gee aan art. 9 van die Grond­wet wat e­ni­ge vorm van dis­kri­mi­na­sie teen men­se op grond van on­der meer ge­stremd­heid uit­druk­lik ver­bied.

Maar hier­die wet gaan ver­der as die Grond­wet, aan­ge­sien dit spe­si­fie­ke stap­pe uit­stip­pel om on­bil­li­ke dis­kri­mi­na­sie in die werk­plek in die be­son­der uit te ska­kel.

“In een­vou­di­ge ter­me be­te­ken dit om men­se met ge­stremd­he­de ’n bil­li­ke kans te gee om ’n pos te vind en te be­klee, om dit goed te doen en om ’n kans op be­vor­de­ring te kry,” ver­dui- de­lik Went­zel.

Daar word ook van werk­ge­wers ver­eis om werk­ruim­tes te skep wat toe­gank­lik is vir al­le men­se. Al­te dik­wels is die werk­ge­wer nie be­dag ge­maak daar­op om sen­si­tief oor hier­die kwes­sie te wees nie en al­te dik­wels is die ver­sko­ning dat daar “nie ge­noeg geld is nie” of dat ge­boue een­vou­dig nie ge­skik is vir ge­strem­des in die werk­plek nie.

“Ons moet vra: Waar­om maak ge­strem­des min­der as 1% van die land se wer­ken­de be­vol­king uit? Men­se met ge­stremd­he­de is im­mers net so slim, goed op­ge­lei, ge­mo­ti­veerd, kun­dig en waar­dig om te werk soos e­ni­ge werk­ne­mer son­der ’n ge­stremd­heid.”

Die NRPG tree tans in die bres­se vir ’n pa­ra­me­di­kus wat met sul­ke dis­kri­mi­na­sie te kam­pe het.

“In plaas daar­van om hom op ’n bil­li­ke wy­se te huis­ves, maak sy be­stuur­ders sy werk­om­stan­dig­he­de on­houd­baar en ig­no­reer sy klag­tes. Sou hul­le dit aan ie­mand ge­doen het wat nie ge­stremd is nie? Ek dink nie so nie.”

Went­zel wou nie die slag­of­fer se naam be­kend maak nie, aan­ge­sien die klag­te teen sy werk­ge­wers steeds nie af­ge­han­del is nie.

“Hy is in ’n rol­stoel, maar dit keer hom nie om ’n be­lang­ri­ke en le­wens­red­den­de werk te doen nie. Hy is die nood­sorg­be­amp­te in ’n pro­vin­si­a­le be­heer­ka­mer waar hy am­bu­lan­se na nood­ge­val­le uit­stuur en te­le­fo­nies me­die­se raad ver­skaf.”

Maar die be­heer­ka­mer is in ’n staats­ge­bou son­der re­de­li­ke toe­gang – selfs al is die ge­bou maar in 2015 ge­o­pen, sê Went­zel.

“Die hys­bak­ke word nie on­der­hou nie, daar is geen par­keer­plek vir men­se met ge­stremd­he­de nie, deu­re is nie toe­gank­lik nie en daar is geen nood­uit­gang nie.”

Sy be­stuur­der se o­plos­sing, vol­gens Went­zel, was om hom son­der amp­te­li­ke ken­nis­ge­wing na ’n dis­triks­be­heer­sen­trum in ’n hos­pi­taal 35 km van daar te ver­plaas.

“Hier sit hy by ’n les­se­naar tus­sen die on­ge­val­le-wag­ka­mer en die hos­pi­taal se ont­smet­tings­ka­mer. Die pa­sien­te hoor sy ge­sprek­ke en dit ver­breek die ver­trou­lik­heid van die men­se wat hy te­le­fo­nie­se by­staan.”

Die pro­vin­si­a­le ge­sond­heids­de­par­te­ment waar­voor hy werk, het ’n ko­de wat goeie prak­tyk in die be­han­de­ling van werk­ne­mers met ’n ge­stremd­heid op­dwing en waar­in dit dui­de­lik uit­ge­stip­pel word dat sul­ke werk­ne­mers op ’n bil­li­ke wy­se ge­huis­ves moet word so­dat hul ge­stremd­heid nie hul werk- ver­moë be­lem­mer nie.

Die feit dat sy werk­ge­wers hul eie prak­tyk­ko­de ig­no­reer en sy plei­dooie ig­no­reer om bil­lik ge­huis­ves te word, het tot die in­gry­ping deur die NRPG ge­lei, sê Went­zel.

“Selfs toe het sy be­stuur ons ge­ïg­no­reer en dit het ons ge­noop om die wet­li­ke roe­te te volg.”

Maan­de la­ter het die be­stuur van die pro­vin­si­a­le de­par­te­ment bes ge­gee. Die hys­bak­ke is her­stel in die ge­bou waar die man ver­on­der­stel is om te werk. Par­keer­plek word nou aan hom be­skik­baar ge­stel en on­der­soek word ge­doen hoe dit ge­beur het dat ’n ge­bou wat nie eens vyf jaar oud is nie, nie ’n nood­uit­gang het nie. Toe­gang tot die grond­vlak word ook nou ver­be­ter, vol­gens Went­zel.

Maar die sto­rie het steeds nie ’n ge­luk­ki­ge ein­de nie.

“Die ge­strem­de werk­ne­mer word nou op an­der ma­nie­re ge­pe­na­li­seer, soos dat hy slegs kan­toor­u­re mag werk in plaas van pa­ra­me­die­se skof­te, so hy kan geen oor­tyd­be­ta­ling eis nie.”

Went­zel meen die werk­ge­wer sou nie ’n werk­ne­mer son­der ’n ge­stremd­heid so boe­lie nie, maar sy be­klem­toon ook dat ge­strem­des die reg aan hul kant het en dit moet ge­bruik.

“Die NRPG is ook ’n won­der­li­ke hulp­bron vir al­le werk­ge­wers wat graag werk­plek­ke wil skep wat al­le vlak­ke van ge­stremd­heid kan han­teer.”

Sy doen ’n be­roep op werk­ge­wers om die wet te ge­hoor­saam en te re­spek­teer.

“In ons hart klou ons steeds aan on­ge­reg­ver­dig­de voor­oor­de­le teen­oor men­se met ge­stremd­he­de en dis waar­om ons kies om eer­der die wet te oor­tree.”

T­her­i­na Went­zel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.