Re­ser­we­bank gaan voort met hof­saak teen OB

Beeld - - SAKENUUS - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die Re­ser­we­bank gaan voort met sy hof­saak teen die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) om haar be­vin­dings oor die hulp wat hy des­tyds aan ’n voor­gan­ger van Ab­sa ge­gee het te laat her­sien.

Die Re­ser­we­bank het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy neem ken­nis van die OB se be­sluit om nie sy aan­soek in die hoog­ge­regs­hof teen te staan oor haar op­drag aan die par­le­ment om die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der nie.

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die OB, het Maan­dag aan­ge­kon­dig sy het van­weë regs­ad­vies be­sluit dit is nie ’n goeie i­dee om ’n stryd daar­oor in die hoog­ge­regs­hof te voer nie.

Mkhwe­ba­ne het in Ju­nie die be­vin­dings van ’n on­der­soek na die red­ding van Ban­korp in die 1980’s be­kend ge­maak. Ab­sa het Ban­korp in 1992 ge­koop.

Sy het in die ver­slag aan­be­veel dat die Grond­wet ge­wy­sig word om die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der.

Vol­gens die Re­ser­we­bank kon­sul- teer hy met sy reg­span hier­oor.

“Maar soos ons in ons me­di­a­ver­kla­ring van 20 Ju­nie aan­ge­kon­dig het, gaan ons voort met a­par­te aan­soe­ke vir die her­sie­ning van die ver­slag en die fei­te­fou­te daar­in.”

Die bank het in Ju­nie ge­sê sy reg­span het hom ge­ad­vi­seer om ’n drin­gen­de her­sie­ning te ver­soek om M­kwe­ba­ne se op­drag aan die par­le­ment ter­sy­de te laat stel.

Die Re­ser­we­bank het ge­sê as sy man­daat ge­wy­sig word soos sy voor­ge­stel het, sal dit sy kern­be­voegd­heid ver­wy­der om die rand te be­skerm en pry­se in die land sta­biel te hou.

Die OB se voor­ge­stel­de re­me­di­ë­ren­de op­tre­de sal ook ’n ne­ga­tie­we im­pak op die on­af­hank­lik­heid van die Re­ser­we­bank hê.

In die ver­kla­ring van Ju­nie is ge­sê: “Die Re­ser­we­bank sal sy an­der be­kom­mer­nis­se oor die ver­slag en be­wy­se van fou­te daar­in op die ge­skik­te tyd be­lig.”

Die OB het in die ver­slag be­vind die R1,125 mil­jard waar­mee die Re­ser­we­bank Ban­korp ge­help het, was on­wet­tig en dat dit van Ab­sa ver­haal moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.