Ad­vi­seurs oor be­ta­ling van Sas­sa­toe­lae ge­pos

Ná 2 jaar het hul­le nog geen o­plos­sing voor­ge­stel

Beeld - - SAKENUUS - Bloom­berg – Bloom­berg

Die Suid-A­fri­kaan­se A­gent­skap vir Maat­skap­li­ke Se­ker­heid (Sas­sa) het die ad­vies­groe­pe af­ge­dank wat twee jaar ge­le­de aan­ge­stel is om on­der­soek in te stel na wie staats­toe­lae moet uit­be­taal.

Sas­sa is die af­de­ling van die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling wat staats­toe­lae be­heer. Die toe­lae word nog uit­be­taal deur Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS), ’n fi­li­aal van Net1 UEPS.

Se­dert 2013 is CPS se kon­trak tel­kens in die hof be­twis om­dat die ten­der­pro­ses ge­we­mel het van fou­te.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het ver­le­de jaar be­slis ’n ten­der­pro­ses moet op­nuut be­gin, maar na­dat CPS se kon­trak in Maart ver­val het, is dit op die nip­per met ’n jaar ver­leng om­dat ’n nu­we kon­trak nie be­tyds toe­ge­ken kon word nie.

Die re­ge­ring moet voor Maart 2018 ’n nu­we plan maak om die 17 mil­joen staats­toe­lae te be­taal.

T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe- ren­de hoof van Sas­sa, het aan

ge­sê hul­le het ver­le­de week brie­we aan die ad­vi­seurs ge­stuur om hul­le in te lig hul diens­te word be­ëin­dig.

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, is in­ge­lig daar­oor, maar het nog nie ge­re­a­geer nie, sê hy.

Dla­mi­ni het die ad­vi­seurs reeds twee jaar ge­le­de aan­ge­wys, maar hul­le het nog nie met op­los­sings vo­ren­dag ge­kom nie.

Die te­sou­rie het boon­op be- vind hul aan­stel­ling was on­reg­ma­tig.

Mag­wa­za en Dla­mi­ni het al in die ver­le­de ge­bots. Hul­le het me­kaar ook weer­spreek in bee­dig­de ver­kla­rings wat by die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in­ge­dien is.

Dla­mi­ni het in Mei in die par­le­ment ge­sê ’n nu­we kon­trak­teur sal teen No­vem­ber “in­ge­fa­seer” word.

Die Pos­kan­toor het aan­ge­dui dat hy be­lang stel om Sas­sa-uit­be­ta­lings te doen.

Vol­gens Paseka Letsatsi, Sas­sa-woord­voer­der, word die Pos­kan­toor as die e­nig­ste bie­ër be­skou.

“Dié keer het die te­sou­rie vir ons ge­sê ons mag af­wyk (van ’n amp­te­li­ke ten­der­pro­ses) en met die Pos­kan­toor in ge­sprek tree. As dit nie uit­werk nie, kan ons met an­der bie­ërs in ge­sprek tree.”

Die Pos­kan­toor sal aan al­le ver­eis­te re­gu­la­sies moet vol­doen. Die Pos­kan­toor het in 2016 ’n voor­lo­pi­ge bank­li­sen­sie ge­kry en het om ’n amp­te­li­ke per­mit aan­soek ge­doen.

Mark Bar­nes, uit­voe­ren­de hoof van die Pos­kan­toor, sê hul­le het nog geen amp­te­li­ke be­ves­ti­ging van die te­sou­rie oor die Sas­sa-vraag­stuk ge­kry nie.

Fo­to: LINDILE MBONTSI

Bat­ha­bi­le Dla­mi­ni, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, en T­ho­ko­za­ni Mag­wa­za, uit­voe­ren­de hoof van Sas­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.