C­hee­tahs wil hoë no­te tref in Su­per­swa­ne­sang in die Baai

Beeld - - SPORT - O­wen Kock

Die on­se­ker­heid oor die C­hee­tahs se toe­koms is uit die weg ge­ruim – en nou hoop hul kap­tein, Fran­cois Ven­ter, hul ge­brek­ki­ge af­ron­ding is ook iets van die ver­le­de.

Die Vry­sta­ters kom Vry­dag­aand in Port E­li­za­beth in hul laas­te Su­per­rug­by-wed­stryd ooit te staan teen die Sout­hern Kings – vir wie dit ook die ein­de is.

Ven­ter sê sy span se swak af­ron­ding het hom hier­die sei­soen ge­kort­wiek, maar hy hoop din­ge val nou vir ou­laas in plek.

“Dit was ons af­ron­ding en ’n paar klein din­ge­tjies wat ons wed­stry­de ge­kos het. Ho­pe­lik is dit nie Vry­dag weer die ge­val nie, want dit is ’n wed­stryd wat ons wil wen,” sê die kap­tein.

Die C­hee­tahs het ver­le­de jaar se oor­een­stem­men­de wed­stryd in Bloem­fon­tein met 34-20 ge­wen. Van­jaar is eg­ter ’n an­der sto­rie. Die Kings het ses van hul 14 wed­stry­de ge­wen, ter­wyl die C­hee­tahs nog net d­rie keer aan die wen­kant was.

“Die Kings speel tans goeie rug­by. Hul­le het pas die Bul­le ge­klop en baie an­der span­ne ver­baas. Dis jam­mer dat so ’n span nie meer Su­per­rug­by gaan speel nie, soos ook die ge­val met ons is.

“Ek dink die spe­lers is op­ge­won­de oor dit wat voor­lê. Die on­se­ker­heid oor die toe­koms is iets van die ver­le­de en die spe­lers kan nou fo­kus op die wed­stryd, al is dit ons laas­te in die reeks.

“Ek dink in elk ge­val al­bei span­ne gaan die wed­stryd ge­bruik as voor­be­rei­ding vir die Cur­rie­be­ker-reeks en vir wat nog voor­lê. ) In­tus­sen hou die af­rig­ting­span a­sem op na­dat die ha­ker E­land­ré Hug­gett sy kuit­spier in Maan­dag se oe­fe­ning ver­rek het. Hug­gett, wat d­rie drieë in die C­hee­tahs se laas­te vier wed­stry­de ge­druk het, was op kruk­ke by gis­ter se oe­fe­ning.

Die ge­reel­de ha­ker, Tor­sten van Jaars­veld, is weens ’n skouerbesering nog nie be­skik­baar nie.

Jo­seph D­we­ba kan Hug­gett ver­vang in­dien hy nie be­tyds her­stel nie.

Ce­cil A­fri­ka, wat op heel­ag­ter in die plek van Clay­ton Blom­me­tjies ge­oe­fen het, het sy en­kel gis­ter be­seer. Blom­me­tjies het man­gel­ont­ste­king en dit laat die brei­er, Fran­co S­mith, met ’n ta­me­le­tjie.

Die C­hee­tahs se span vir hul Su­per­rug­by-swa­ne­sang word van­dag be­kend ge­maak.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Jo­seph D­we­ba kan op ha­ker be­gin vir die C­hee­tahs in­dien E­land­ré Hug­gett nie be­tyds van ’n kuit­be­se­ring her­stel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.