G’n tyd vir poer­poer, sê Poe­rie

Beeld - - SPORT - Mi­cha­el G­reen

Poe­rie van Rooy­en kan dalk Vry­dag­aand ein­de­lik weer speel­kans vir die Sout­hern Kings kry wan­neer dié span in ’n Su­per­rug­by-wed­stryd in Port E­li­za­beth teen die C­hee­tahs te staan kom.

Van Rooy­en, ’n skrum­ska­kel, was aan die be­gin van die sei­soen goed op dreef en dit het ge­lyk of hy Lou­is S­chreu­der sou op­dreun vir ’n plek in die Kings se be­gin­span.

’n En­kel­be­se­ring wat Van Rooy­en vroeg in Maart in Sin- ga­poer teen die Sun­wol­ves op­ge­doen het, het dié twee­stryd eg­ter kort­ge­knip.

Van Rooy­en is ge­o­pe­reer en moes ’n ge­rui­me tyd langs die kant­lyn deur­bring. Daar­na moes hy boon­op eers weer be­hoor­lik fiks raak.

In gis­ter se oe­fe­ning in die Nel­son Man­de­la­baai-sta­di­on het dit ge­lyk of die 25-ja­ri­ge Van Rooy­en dalk as plaas­ver­van­ger speel­kans gaan kry teen die C­hee­tahs.

Van Rooy­en het in­tus­sen aan BBC S­cot­land ge­sê Suid-A­fri­kaan­se spe­lers is “op­ge­won­de” oor die voor­uit­sig om in die ver­gro­te Pro12-reeks te speel.

Dit is na­dat die BBC met hom ge­sels het oor die sterk ge­rug­te dat die Kings en die C­hee­tahs eers­daags aan ’n uit­ge­brei­de reeks in die Noor­de­li­ke Half­rond gaan deel­neem.

“Baie spe­lers in Suid-A­fri­kaan­se span­ne sou ver­kies om in die Pro12 te speel,” sê Van Rooy­en.

“Die mees­te ou­ens is op­ge­won­de oor die voor­uit­sig – dis ’n nu­we uit­da­ging, ’n nu­we ma­nier van wed­stry­de speel en nu­we teen­stan­ders.”

Vol­gens Van Rooy­en wil die mees­te van die spe­lers pon­de of eu­ro’s ver­dien en deur in Eu­ro­pa teen span­ne soos Mun­ster of Ul­ster te speel, “kry jy jou voet in die deur”.

Van Rooy­en sê ook om in ’n reeks in die Noor­de­li­ke Half­rond te speel, kan spe­lers in die Kings se span “ho­pe­lik help” om S­pring­bok­ke te word.

Hoe­wel die Pro12-reeks reeds in Sep­tem­ber be­gin en die Kings Vry­dag­aand ’n lang Su­per­rug­by-sei­soen af­sluit, dink Van Rooy­en die Oos-Ka­pe­naars kan me­de­din­gend wees.

“Die ly­we het ’n paar houe ge­vat, maar die ti­pe spel in die Pro12 is heel­te­mal an­ders,” sê Van Rooy­en.

“Die spel­tem­po in wed­stry­de daar is sta­di­ger, so jy kan die fi­sie­ke ei­se op spe­lers be­ter be­stuur. Jy moet net die reg­te groep kry met ge­noeg spe­lers in spe­si­fie­ke po­si­sies vir diep­te, want dit is so ’n lang reeks.”

Van Rooy­en sê die op­win­ding van die nu­we reeks kan die spe­lers ’n hup­stoot gee.

“Dis ’n groot mo­ti­ve­ring as jy weet jy kan in Ier­land of S­kot­land toer,” sê hy.

Fo­to: GALLO I­MA­GES

Poe­rie van Rooy­en kry Vry­dag dalk ein­de­lik weer die kans om vir die Kings te speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.