Le­wies: ‘Ons skuld ons­self ’n Leeu­kop’

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie is hul­self ’n se­ge oor die Leeus ver­skul­dig.

Só sê die span se slot S­te­phan Le­wies aan die voor­aand van die Haaie se laas­te groep­wed­stryd in die Su­per­rug­by-reeks Sa­ter­dag teen die Leeus in Dur­ban.

Die Leeus het die vo­ri­ge stryd tus­sen dié twee span­ne, in A­pril in Jo­han­nes­burg, met 34-29 ge­wen, maar die uit­slag kon mak­lik an­ders ge­wees het.

“Ons kan baie mo­ti­ve­ring put uit die ma­nier hoe ons laas teen hul­le ge­speel het. Ons was baie trots daar­op, maar dit was na­tuur­lik nie lek­ker om te ver­loor nie. ’n Se­ge is op die ou end al wat tel en ek dink daar­om is ons ons­self ’n se­ge dié na­week ver­skul­dig,” sê Le­wies, wat die na­week in sy 50ste Su­per­rug­by-stryd vir die Haaie sal speel.

Daar­be­ne­wens is dit vir die span be­lang­rik om voor die kwart­eind­ron­de te­rug op die wen­pad te kom.

Die Haaie het swak ge­speel in hul laas­te wed­stryd en met 17-30 teen die Bul­le ver­loor.

“Ons moet ons rit­me te­rug­kry. Ná Sa­ter­dag se stryd is dit die kwart­eind­stry­de en is daar geen twee­de kan­se nie,” sê hy.

Le­wies sê die Haaie het ’n paar waar­de­vol­le les­se uit die ne­der­laag teen die Bul­le ge­leer.

“Ons kon nie uit ons eie ge­bied ont­snap nie. Ons het ook ver­skeie on­ge­dwon­ge fou­te be­gaan en vir hul­le mak­lik pun­te ge­gee. Dit was nie ’n goeie wed­stryd nie, maar deur die loop van die sei­soen het ons al­tyd hard te­rug­ge­slaan ná ’n po­we­re ver­to­ning,” sê Le­wies.

Hy sê die stryd teen die Leeus is ’n ge­leent­heid om te wys wat in die Haaie as ’n span steek. “Ons dis­si­pli­ne het ons in die steek ge­laat in ons vo­ri­ge wed­stryd teen die Leeus, so ons plaas baie klem daar­op. Hul­le het ui­ter­aard baie self­ver­troue met al die S­pring­bok­ke daar, ver­al met die S­pring­bok­ke wat so goed ge­vaar het. Maar dit is ’n ge­leent­heid vir ons om te sien hoe ons teen die bes­te kan vaar. Dit is tog waar­om ons rug­by speel,” sê Le­wies.

Die Haaie be­hoort die bui­te­sen­ter, Luk­ha­nyo Am, wat ’n wang­been­be­se­ring in Mei op­ge­doen het, te­rug in hul span te ver­wel­kom. An­der sleu­tel­spe­lers soos die flank Je­an-Luc du P­reez en die vleu­els Ko­bus van Wyk en L­wa­zi M­vo­vo be­hoort ook weer fiks te wees na­dat hul­le die stryd teen die Bul­le weens ske­te mis­ge­loop het.

Die Haaie het al vir die kwart­eind­ron­de ge­kwa­li­fi­seer.

S­te­phan Le­wies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.