1, 2, 3, 4. . . Kit­tel in Tour­droom­land

Beeld - - SPORT - Mar­man­de Sey­ches Cas­tel­ja­loux DIS ’N BLOEDBAD! S­port – S­port­re­dak­sie, BBC

Nog ’n dag, nog ’n goue hoof­stuk vir Mar­cel Kit­tel!

Die Duit­ser Kit­tel (Quick S­tep) het die tien­de s­kof van die Tour de Fran­ce gis­ter ge­wen, na­dat hy so­wat d­rie fiets­leng­tes voor sy naas­te teen­stan­der, sy land­ge­noot John De­gen­kolb (Trek-Seg­af­re­do), oor die wen­streep ge­jaag het.

Kit­tel het so sy vier­de skof­se­ge van van­jaar se Tour be­haal, ná hy ook ko­ning ge­kraai het in die twee­de, ses­de en se­wen­de skof­te.

Die Duit­ser het die 178 km tus­sen Pé­ri­gueux en Ber­ge­rau in ’n tyd van 4 uur en 4 mi­nu­te vol­tooi.

In ’n Tour met ne­ge plat skof­te wat so te sê ge­maak is vir na­el­ry­ers, is dit i­ro­nies dat die blit­se van die pe­lo­ton nou, teen die twee­de week, re­de­lik uit­ge­dun is.

Mark Ca­ven­dish is reeds in die eer­ste week vort ná Pe­ter Sa­gan hom met die elm­boog teen ’n re­ling ge­stamp het en Sa­gan se Tour het ook ge­ëin­dig toe hy daar­voor ge­dis­kwa­li­fi­seer is. Ar­naud Dé­ma­re, die wen­ner van die vier­de s­kof wat in die wed­loop om die groen trui was, moes huis toe na­dat hy nie in Son­dag se ne­gen­de s­kof die af­sny­tyd ge­haal het nie.

Met so­veel snel­lers nie meer daar nie, het Kit­tel min kom­pe­ti­sie ge­had in gis­ter se na­el­rit na die wen­streep. Hy is steeds die pas­aan­ge­ër in die groen­t­rui-kom­pe­ti­sie.

Met al­te­saam 13 sko­foor­win- nings het Kit­tel gis­ter die Duit­se re­kord oor­tref.

Hy het een meer as E­rik Za­bel se 12.

Die B­rit Chris Froome (Te­am Sky) is steeds in die geel­trui, 18 se­kon­des voor die I­ta­li­a­ner Fa­bio Aru (Asta­na).

Suid-A­fri­ka se Rein­hardt Jan­se van Rens­burg (Di­men­si- on Da­ta) was Dins­dag 18de. Sy land­ge­no­te Da­ryl Im­pey (O­ri­ca), in die 41ste al­ge­he­le plek, en Lou­is Mein­tjes (Te­am E­mi­ra­tes) het on­der­skei­de­lik 42ste en 46ste ge­ëin­dig.

Mein­tjes is steeds die voor­ste Suid-A­fri­ka­ner in die 11de plek al­ge­heel.

Fo­to: AP

No­vak D­jo­ko­vic na­dat hy die twee­de stel van sy wed­stryd teen A­dri­an Man­na­ri­no ge­wen het.

Fo­to: GETTY I­MA­GES

Vang my as jul kan. Duits­land se Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) storm oor die wen­streep.

Chris Froome

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.