Plek in half­eind wink vir SA vroue

Beeld - - SPORT - La­bas­ti­de-d’Ar­mag­nac Mon­le­zun-d’Ar­mag­nac Gar­lin Lub­bon Mor­laas 81 m – S­port­re­dak­sie Na­el­ren K­lim­ka­te­go­rieë 143 m 203,5 km

As Suid-A­fri­ka se vrou­e­krie­ket­span van­dag voort­bou op sy suk­ses­vol­le re­kord teen Sri Lan­ka, kan hy ’n voet in die deur na ’n plek in die half­eind­ron­de van die Wê­reld­be­ker-toer­nooi kry.

Die Pro­te­as pak Sri Lan­ka in Taun­ton.

Suid-A­fri­ka het tien van sy 16 wed­stry­de teen dié ei­land­span ge­wen, met vier ne­der­lae. Twee wed­stry­de is weens re­ën af­ge­las.

Dit is eg­ter moei­lik om te be­paal hoe re­le­vant dié uit­slae is as in ag ge­neem word dat die laas­te vyf wed­stry­de tus­sen dié span­ne in die draai­ers­vrien­de­li­ke toe­stan­de in Sri Lan­ka ge­speel is.

Die Pro­te­as het in 2014 ’n reeks van vier wed­stryd met 2-1 daar ge­wen, voor hul­le in Fe­bru­a­rie van­jaar die tuis­span met ne­ge paal­tjies ge­troef het ty­dens die kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi vir die Wê­reld­be­ker-toer­nooi.

Die Pro­te­as is tans vyf­de op die WB-pun­te­leer, met se­we pun­te. Nieu-See­land is vier­de, maar het ’n be­ter net­to lo­pie­tem­po.

Nieu-See­land se vol­gen­de wed­stryd is teen En­ge­land (eer­ste op die pun­te­lys), voor hy sy laas­te wed­stryd teen In­dië (tans der­de op agt pun­te) speel. In­dië se vol­gen­de wed­stryd is teen die Aus­sies (twee­de).

Dané van Nie­kerk, kap­tein van die Pro­te­as en held van Son­dag se uit­ste­ken­de oor­win­ning oor In­dië, glo dat haar

N­span nog ’n uit­ste­ken­de kans het om die half­eind­ron­de te haal.

“Daar is nog baie span­ne wat dié toer­nooi kan wen. Ek het voor die toer­nooi ge­sê dat nie­mand e­nig­iets as van­self­spre­kend kan aan­vaar nie. Dit is nie ’n ver­ras­sing dat daar so baie op­skud­dings is nie,” het Van Nie­kerk vol­gens die In­ter­na­si­o­na­le K­rie­ket­raad ge­sê.

Van Nie­kerk was die S­pe­ler van die Wed­stryd in die oor­win­ning oor In­dië in Lei­ces­ter. Sy het vier paal­tjies laat kan­tel en ook ’n vyf­tig­tal aan­ge­te­ken.

Sri Lan­ka is op sy beurt nog op soek na sy eer­ste oor­win­ning van die toer­nooi.

NN

Fo­to: GETTY I­MA­GES

Dané van Nie­kerk (mid­del) word ge­luk­ge­wens deur S­habnim Is­mail (regs) ná een van haar paal­tjies teen In­dië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.