D­jo­ko­vic rol Frans­man om

Beeld - - SPORT - Chris­to Bu­ch­ner

No­vak D­jo­ko­vic is deur na die kwart­eind­ron­de van Wim­ble­don, maar ’n skouerbesering het gis­ter ’n skadu oor sy kans ge­werp om Son­dag die tro­fee om­hoog te hou.

Dit het die twee­de ge­keur­de Ser­wi­ër net twee uur en 15 mi­nu­te ge­neem om die aan­slag van die on­ge­keur­de Frans­man A­dri­an Man­na­ri­no met 6-2, 7-6 (7/5), 6-4, een­kant te vee.

Hy moes eg­ter teen die ein­de van die wed­stryd be­han­de­ling ont­vang vir ’n seer skou­er en het selfs in die pot waar­in hy suk­ses­vol af­ge­slaan het vir die wed­stryd, heel­wat on­ge­rief ge­toon. Hy was dui­de­lik in pyn.

D­jo­ko­vic kom nou van­dag in die laas­te agt te staan teen die 11de ge­keur­de To­mas Ber­dych van T­sjeg­gië.

Selfs vir ’n fik­se D­jo­ko­vic sal dit ’n taai tof­fie wees om te kou, maar in­dien hy die wed­stryd in­gaan met ’n skou­er wat nie lek­ker is nie, kan dit ’n lang dag vir die voor­ma­li­ge kam­pi­oen word.

Die hot­klou-Frans­man Man­na­ri­no kon geen swak­plek­ke in D­jo­ko­vic se mon­de­ring bloot­lê nie.

Die Ser­wi­ër het som­mer al vroeg in die wed­stryd deur­ge­breek en dit wou voor­kom as­of hy in ’n jap­trap sou wen toe hy ook vroeg in die twee­de stel weer deur­ge­breek het.

Man­na­ri­no het eg­ter die deur­braak uit­ge­kan­sel­leer en dié stel is uit­ein­de­lik eers deur ’n val­by­l­pot be­slis, wat D­jo­ko­vic met 7-5 ge­wen het.

In die der­de stel het die Ser­wi­ër weer neus voor ge­kry en daar­aan vas­ge­klou.

D­jo­ko­vic het ná die wed­stryd ge­sê hy was nie te­vre­de met die be­sluit om sy wed­stryd na gis­ter te skuif nie. Hy en Man­na­ri­no sou al Maan­dag ge­speel het, maar dit is uit­ge­stel weens die leng­te van Ra­fa­el Na­dal en Gil­les M­ül­ler se krag­me­ting.

Sy frus­tra­sie is ver­staan­baar, in ag ge­no­me dat hy min­der as ’n dag het om van sy seer skou­er te her­stel.

In van­dag se kwart­eind­ron­de kom die top­ge­keur­de en plaas­li­ke guns­te­ling, An­dy Mur­ray, teen die 24ste ge­keur­de, Sam Qu­er­rey van A­me­ri­ka, te staan.

M­ül­ler van Lux­em­burg, 16de ge­keur, moet die aan­slag van die se­wen­de ge­keur­de Kro­aat Ma­rin Ci­lic pro­beer af­weer.

Die wed­stryd wat uit­staan, is son­der twy­fel dié tus­sen ver­le­de jaar se naas­wen­ner, Mi­los Ra­o­nic van Ka­na­da (ses­de ge­keur), teen die se­we­ma­li­ge kam­pi­oen, Ro­ger Fe­de­rer.

Al het Fe­de­rer ne­ge van hul 12 vo­ri­ge krag­me­tings ge­wen, is die be­lang­ri­ke stuk­kie sta­tis­tiek dat Ra­o­nic in hul laas­te twee stry­de as oor­win­naar van die baan ge­stap het. Ver­le­de jaar was hul Wim­ble­don-half­eind­stryd ’n e­pie­se krag­me­ting wat die Ka­na­dees ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.