Faf moet dor­re Pro­te­as weer laat blom, sê Gra­e­me

Beeld - - SPORT - Al­tus Mom­berg

Die tak­tie­se na­ï­wi­teit wat die Pro­te­as se ne­der­laag op Lord’s ge­ken­merk het, sal ho­pe­lik iets van die ver­le­de wees wan­neer Faf du P­les­sis weer die lei­sels vir die twee­de toets teen En­ge­land neem.

Gra­e­me S­mith, die voor­ma­li­ge Suid-A­fri­kaan­se kap­tein, het gis­ter in ’n ru­briek vir B­rit­tan­je se In­de­pen­dent ge­skryf die Pro­te­as was in die eer­ste toets “sag en kwes­baar” son­der Du P­les­sis.

Suid-A­fri­ka is met die rug teen die muur na­dat hy bin­ne vier dae met 211 lo­pies op Lord’s in Lon­den ver­loor het. Die twee­de van vier toet­se be­gin Vry­dag in Not­ting­ham.

Du P­les­sis het hom Son­dag by die span aan­ge­sluit na­dat hy sy vrou ná die ge­boor­te van hul eer­ste­ling by­ge­staan het.

In sy af­we­sig­heid moes De­an El­gar die span vir die eer­ste keer aan­voer, en sy ge­brek aan er­va­ring was by tye dui­de­lik.

S­mith, wat spog met die mees­te se­ges as kap­tein in toets­ge­skie­de­nis, het in ’n ru­briek in die B­rit­se In­de­pen­dent ge­skryf dat ’n mens nie vir El­gar kan bla­meer nie, maar dat die vol­gen­de tak­tie­se fou­te en swak spel die Pro­te­as duur te staan ge­kom het: )

Kes­hav Ma­ha­raj het by­kans die he­le beurt van die ver­keer­de kant (wat min­der hulp aan die draai­ers ver­leen het) ge­boul; )

Tem­ba Ba­vu­ma en T­heu­nis de Bruyn het meer ge­boul as Mor­né Mor­kel en Ka­gi­so Ra­ba­da in die laas­te ses­sie op die eer­ste dag; )

Ver­brou­de vang­kan­se en paal­tjies met fout­bal­le het ’n uit­ste­ken­de be­gin met die bal (waar En­ge­land op 4/76 was) on­ge­daan ge­maak; ) El­gar het by tye toe­ge­laat dat die toets net sy gang gaan son­der om pro­ak­tief te wees.

S­mith is ’n ra­di­o­kom­men­ta­tor vir die BBC in die reeks en sy me­de­kom­men­ta­tor, Jo­na­than Ag­new, het die Pro­te­as se oe­fe­nin­ge voor die toets “die swak­ste wat hy tot nog toe voor ’n toets ge­sien het” ge­noem.

Dit laat ’n mens won­der of die on­se­ker­heid oor die toe­koms van die af­rig­ter Rus­sell Do­min­go, wat nog moet hoor of hy sy pos gaan be­hou, nie ’n in­vloed op die spe­lers het nie.

Hoe dit ook al sy, Du P­les­sis het ’n be­lang­ri­ke rol om in die ko­men­de dae te ver­tolk.

Hy het ver­le­de sei­soen baie lof ont­vang toe die Pro­te­as on­der sy lei­ding reek­soor­win­nings oor Nieu-See­land (tuis), Aus­tra­lië (weg), Sri Lan­ka (tuis) en Ni­euSee­land (weg) be­haal het. Sy ver­nuf as kap­tein en lei­er­skap is as ’n ver­na­me re­de vir die om­me­keer in sy span se ver­to­nings.

Du P­les­sis gaan sy span moet mo­ti­veer en gro­ter dis­si­pli­ne moet af­dwing as Suid-A­fri­ka sy wen­kan­se in dié reeks le­wend wil hou.

Gra­e­me S­mith

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.