Nu­we af­rig­ter, die­self­de re­sep

Die Leeus het S­wys de Bruin, hul Su­per­hulp­af­rig­ter, gis­ter tot hoof­af­rig­ter be­vor­der én aan­ge­kon­dig dat die kern van hul wen­span nog vir die vol­gen­de jaar saam sal brul. De Bruin sê hy voel ge­ëerd om by Jo­han Ac­ker­mann oor te neem.

Beeld - - FRONT PAGE - Chris­to Bu­ch­ner

Ge­son­de oor­deel het Dins­dag by die Leeus ge­se­ë­vier met die aan­kon­di­ging dat S­wys de Bruin by Jo­han Ac­ker­mann gaan oor­neem as die hoof­af­rig­ter van so­wel die Cur­rie­be­ker- as die Su­per­rug­by-span­ne.

Deur hier­die suk­ses­vol­le aan­valsaf­rig­ter van die Leeus die hoof­af­rig­ter te maak, ver­se­ker dit kon­ti­nu­ï­teit en hoef die toe­koms nie met ’n he­le nu­we af­rig­ting­span te­ge­moet ge­gaan te word nie.

Ver­le­de week was daar nog sterk spra­ke dat ’n hoof­af­rig­ter van bui­te be­trek kan word en dat De Bruin in só ’n ge­val ver­lo­re vir die Leeus sou wees.

Die werk­lik­heid dat hy ver­skeie an­der aan­bie­din­ge, selfs van oor­see ge­had het om te oor- weeg, het die Leeus dalk skie­lik laat be­sef hul­le sal moet wik­kel om sy diens­te vir die toe­koms te ver­se­ker.

Só ’n skuif sou ook on­se­ker- heid by die spe­lers ver­oor­saak het en kon dalk ’n uit­tog van top-spe­lers tot ge­volg ge­had het.

Deur De Bruin se hand­te­ke­ning te ver­se­ker as nu­we hoof­af­rig­ter, het die uit­voe­ren­de hoof, Ru­dolf S­tra­eu­li, on­se­ker­heid uit die weg ge­ruim en help ver­se­ker dat die Leeu-skip voort­seil op kalm wa­ters.

“Dit is vir my ’n groot eer en voor­reg om by Jo­han Ac­ker­mann oor te neem as af­rig­ter.

“Dit sal dom wees om ra­di­ka­le ver­an­de­rin­ge aan ’n re­sep te maak wat goed werk. Ek is ook nou al vyf jaar deel van die he­le pro­ses saam met Ac­kers en weet hoe die din­ge hier werk en wat ons doen om suk­ses­vol te wees.

“Daar is en­ke­le din­ge­tjies waar­aan ek sal skaaf, maar daar gaan be­slis nie groot­skaal­se ver­an­de­rin­ge wees nie. Ek is ook baie bly dat ons die kern van ons spe­lers be­hou,” sê De Bruin.

Hy het ver­al sy te­vre­den­heid uit­ge­spreek dat hy die diens­te kan be­hou van die ver­de­di­gings­af­rig­ter, JP Ferreira, wat die lang­ste be­trok­ke is van al die le­de van die af­rig­ting­span.

Die e­nig­ste nu­we ge­sig wat by­ge­voeg sal word, is ’n voor­spe­ler-af­rig­ter. Vol­gens De Bruin is ’n paar moont­li­ke kan­di­da­te ge­ï­den­ti­fi­seer en sal hy in­sae hê in die aan­stel van die nu­we agt­tal-brei­er.

“Toe ek daar­die kon­trak on­der­te­ken, het daar ’n ge­voel van ver­lig­ting oor my ge­spoel dat die on­se­ker­heid uit die weg ge­ruim is en vir hier­die kans wat die He­re my gee,” het hy ge­sê.

“Ek be­sef dit gaan ge­paard met groot ver­ant­woor­de­lik­heid en dat dit ’n won­der­li­ke ge­leent­heid is wat ’n mens nooit lig­te­lik kan op­neem nie.

“Ek sien baie uit na hier­die uit­da­ging. Die een ding wat ons nooit mag doen nie, is om te stag­neer nie. Jy moet al­tyd daar­na streef om te ver­be­ter, maar nie saak hoe goed men­se mag dink jy is of nie is nie.

“My hart is hier by die Leeus en as dit daar­op sou moes neer­kom dat ek moes skuif, sou dit ’n hart­seer­dag ge­wees het.

“Ek is baie dank­baar dat ek nog ’n sei­soen by die Leeus ge­gun word,” het De Bruin ge­sê.

Die Leeus het ook die na­me be­kend ge­maak van die spe­lers wat weer aan­staan­de sei­soen kon­trak­te het:

Hul­le is War­ren W­hi­te­ley, K­wag­ga S­mith, An­dries Coet­zee, An­dries Ferreira (her­nu), An­tho­ny Vol­mink, Aphi­we Dy­an­tyi, Cor­né Fou­rie, Court­nall S­ko­san (her­nu), Cy­le B­rink, Dil­lon S­mit (her­nu), Dy­lan S­mith, El­ton Jan­tjies, Fran­co Mos­tert, Ha­rold Vor­ster, Ho­ward M­ni­si, Jaco K­riel, Jaco van der Walt (her­nu), Ja­c­ques van Rooy­en (her­nu), Jo­han­nes Jon­ker, Jus­tin Ac­ker­man (her­nu), Li­o­nel Ma­poe (her­nu), Lou­rens Eras­mus, Mal­colm Marx (her­nu), Mar­vin O­rie, Rob­bie Coet­zee, Ro­han Jan­se van Rens­burg, Ross Cron­jé, Ru­an Ac­ker­mann, Ru­an Com­brinck, Ru­an D­rey­er, S­haun Reynolds, Sti Sit­ho­le, Syl­vi­an Ma­hu­za (her­nu).

S­wys de Bruin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.