Mej. Kon­ti­nen­te

SA mei­sie skop stof in an­der se oë in Las Ve­gas

Beeld - - FRONT PAGE - Mar­ti­net­te Hay

’n Ma­tie-stu­dent het stof in die oë van 45 in­ter­na­si­o­na­le deel­ne­mers ge­skop toe sy ver­le­de na­week in Las Ve­gas as Mej. Kon­ti­nen­te ge­kroon is.

An­de­li­ne Wie­land (22), ’n hon­neurs­stu­dent in joer­na­lis­tiek aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, het voor­heen aan die tie­ner­af­de­ling van die kom­pe­ti­sie deel­ge­neem en nie ge­wen nie – maar sy glo dat aan­hou­er wen.

Mej. Kon­ti­nen­te is ’n in­ter­na­si­o­na­le skoon­heids­kom­pe­ti­sie vir vroue tus­sen 19 en 29 jaar.

Die kom­pe­ti­sie is aan­vank­lik deur Gas­par Cruz, ’n A­me­ri­ka­ner, be­gin as ’n plat­form vir jong vroue om ’n ver­skil in hul sa­me­le­wing te maak “son­der die po­li­tiek of di­rek­teu­re so oud soos die By­bel”.

Die kom­pe­ti­sie het oor die ja­re heen wê­reld­wyd ge­groei.

Wie­land sê sy hou daar­van om­dat dit “nie so sexy soos Mej. Heel­al is nie”.

Cruz loof Wie­land op so­si­a­le me­dia vir haar vas­be­ra­den­heid: “Sy het vyf jaar ge­le­de ook aan die kom­pe­ti­sie deel­ge­neem, maar nie ge­wen nie. Sy het vas­be­ra­de te­rug­ge­kom om ’n ver­skil te maak in die wê­reld. Sy is ’n wa­re ko­nin­gin.”

Wie­land is oor­spronk­lik van S­wa­kop­mund in Na­mi­bië en is in 2016 as eer­ste prin­ses in die Mej. Na­mi­bië-kom­pe­ti­sie aan­ge­wys.

Vyf we­ke voor die Mej. Kon­ti­nen­te-pleg­tig­heid het sy ge­hoor dat sy Na­mi­bië moet gaan ver­teen­woor­dig om­dat die wen­ner an­der ver­plig­tin­ge het.

“Ek het ge­hoop dat my voor- be­rei­ding nie met my ek­sa­men sou bots nie, maar om­dat ek so min tyd ge­had het, het dit my ge­dwing om ge­fo­kus te bly om al die re­ë­lings te tref,” sê sy.

Sy het in ’n rooi skep­ping van die ont­wer­per S­te­phen van Ee­den ge­stap. “S­te­phen is die hoof­re­de waar­om ek die kom­pe­ti­sie ge­wen het, be­hal­we my ou­ers en die di­rek­teu­re na­tuur­lik. Hy het op baie kort ken­nis­ge­wing vir my ’n rok en ’n an­der uit­rus­ting vir my on­der­houd ont­werp wat my soos ’n hand­skoen ge­pas het,” sê sy.

In haar ter­myn wil sy graag saam met nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sies aan pro­jek­te werk. “My pas­sie bly steeds voor­skool­se kin­ders, die be­mag­ti­ging van vroue en die re­a­li­teit van ge­slags­ge­gron­de ge­weld in Na­mi­bië en Suid-A­fri­ka,” sê sy.

Fo­to: ANNA PEPPER

An­de­li­ne Wie­land

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.