In­ti­mi­da­sie by Pta­die­re­tuin

Beeld - - NUUS - Seug­net van Zyl

S­ta­ken­de wer­kers van die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria het ’n kol­le­ga gis­ter­og­gend glo aan­ge­rand om­dat hy wou werk.

Craig Al­len­by, woord­voer­der van die die­re­tuin, sê die so­wat 120 wer­kers wat le­de is van die Na­ti­o­nal Tra­de U­ni­on Con­gress (NTUC), het ook an­der wer­kers ge­ïn­ti­mi­deer en ver­hin­der om by die die­re­tuin in te gaan.

Rom­mel is voor die in­gang van die die­re­tuin ge­gooi.

So­wat ’n der­de van die die­re­tuin se per­so­neel­le­de, in­slui­tend die­re­ver­sor­gers, skoon­ma­kers en al­ge­me­ne wer­kers, is le­de van die vak­bond en staak se­dert Sa­ter­dag­mid­dag.

Sop­ho­nia Ma­cha­ba, na­si­o­na­le se­kre­ta­ris van die NTUC, sê hul­le dring daar­op aan dat wer­kers op Son­dae dub­bel be- taal word en op Sa­ter­dae 1,5 keer so­veel soos wat hul­le op ’n week­dag ver­dien.

“Ons is nie be­reid om vir e­nig­iets min­der te skik nie.”

Al­len­by sê al­le werk­ne­mers werk ses dae per week teen ge­wo­ne be­ta­ling en kry Son­dae 1,5 keer wat hul­le op ’n week­dag ver­dien.

Dié oor­een­koms is in 2009 tus­sen die die­re­tuin en ver­skeie vak­bon­de ge­sluit.

Die NTUC is in Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar as ’n vak­bond ge­re­gis­treer en was dus nie by die oor­een­koms in 2009 be­trok­ke nie.

“Die die­re­tuin wil die pu­bliek ge­rus­stel dat die be­stuur al­les in sy ver­moë doen om die die­re se wel­stand en be­soe­kers se vei­lig­heid te ver­se­ker,” sê Al­len­by.

Al die die­re word ver­sorg en kry kos.

Ty­de­li­ke ar­bei­ders help ook om die die­re­tuin skoon te hou.

“Ons vra die pu­bliek om as­se­blief ge­dul­dig te wees ter­wyl be­dry­wig­he­de ont­wrig word.”

Hy sê ver­teen­woor­di­gers van die vak­bond en die die­re­tuin­be­stuur sal Vry­dag weer ver­ga­der.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Re­nos­ters in die Na­si­o­na­le Die­re­tuin in P­re­to­ria vreet lu­sern wat on­danks die sta­king in hul kamp ge­plaas is.

Een van die fo­to’s wat die die­re­tuin op sy Fa­ce­book­blad ge­plaas het om te wys dat die die­re kos kry ter­wyl som­mi­ge wer­kers staak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.