Pa mag nie by kin­ders rook – hof

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

In iets wat klink soos die 11de ge­bod, het die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria aan ’n pa ge­sê: Jy sal nie voor jou kin­ders rook nie.

Die pa, ’n in­ge­ni­eur, het eer­gis­ter ’n drin­gen­de hof­aan­soek in­ge­dien om die ma van sy twee kin­ders te dwing om hul­le da­de­lik tot 23 Ju­lie in sy sorg te plaas. Die ma is ’n sa­ke­vrou. Die ou­ers, al­bei van Gau­teng, woon a­part en is be­sig om te skei.

Lui­dens ’n vroe­ë­re hof­be­vel het hul­le ge­sa­ment­li­ke ou­er­li­ke reg­te en plig­te, met die kin­ders wat pri­mêr by die ma woon.

Re­de­li­ke kon­tak met die kin- ders is aan die pa toe­ge­ken.

Lui­dens die pa se hof­stuk­ke is die oud­ste kind met ’n fi­sie­ke af­wy­king ge­bo­re.

Hy het al­tyd op e­ni­ge moont­li­ke ma­nier tot dié kind se ge­spe­si­a­li­seer­de sorg by­ge­dra, sê hy.

Die ma sê in haar hof­stuk­ke hul le­we is om­ge­keer weens hul oud­ste kind se ge­sond­heids­pro­ble­me. Die kind het weens sy siek­te­toe­stand ’n wond wat lank neem om te ge­nees.

Die ma sê in hof­stuk­ke die kin­ders het aan haar ge­sê dat hul pa “aan­hou” om in sy huis te rook.

Sy het in ’n pro­ku­reurs­brief van 28 Ju­nie aan die pa se pro­ku­reur laat skryf dat die kind se wond nie on­der e­ni­ge om­stan- dig­he­de aan rook van ’n pri­mê­re en/of se­kon­dê­re aard bloot­ge­stel mag word nie.

“U kli­ënt rook bui­ten­ge­woon erg en om (die kind) in sy sorg te plaas ter­wyl die wond on­der be­han­de­ling is, sal na­de­lig wees,” lui die brief.

In die brief is voor­ge­stel dat die pa sy kin­ders lie­wer by hul sport­ge­leent­he­de be­soek, pleks van hul­le by sy huis te sien.

Die ma sê in haar hof­stuk­ke sy het dié re­ë­ling vir ses we­ke voor­ge­stel tot­dat die seun se won­de ge­nees het. Dit is ’n po­ging om ver­al die siek kind te be­skerm, sê sy.

Die pa be­weer in sy hof­stuk­ke dit het in Maart be­gin lyk of die ma hom “uit­sluit” van die siek kind se sorg, al word daar van hom ver­wag om vir die me­die­se be­han­de­ling te be­taal.

Die pa ont­ken dat hy “na­by die kin­ders of in die huis rook”. Hy ont­ken dat hy ooit die kin­ders aan rook van ’n “pri­mê­re of se­kon­dê­re aard” bloot­ge­stel het. Hy weet ook dit kan sy siek kind se her­stel­pro­ses be­ïn­vloed, sê hy in hof­stuk­ke.

Reg­ter Ts­hif­hi­wa Mau­me­la het eer­gis­ter be­veel dat die kin­ders vir die skool­va­kan­sie tot 23 Ju­lie by die pa sal wees. Hier­aan is se­ke­re voor­waar­des ge­kop­pel. Die be­vel lui die pa “sal nie in sy huis of in die teen­woor­dig­heid van die min­der­ja­ri­ge kin­ders vir die duur van hul be­soek aan hom rook nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.