Hen­drik van Vu­ren kan nie een­vou­dig ‘vet’ ge­noem word nie aan­ge­sien daar an­der fak­to­re kan wees wat ’n rol in sy lig­gaams­bou speel, sê ’n di­eet­kun­di­ge.

Beeld - - Front Pa­ge - Ru­an Bru­wer

Om te sê ’n seun wat op 12-ja­ri­ge ou­der­dom 100 kg weeg, is bloot vet, kan ver van die waar­heid wees om­dat heel­wat fak­to­re in ag ge­neem moet word, sê ’n di­eet­kun­di­ge.

Hen­drik van Vu­ren, ’n stut van Bo­land se o.13-span, is op 100 kg die swaar­ste spe­ler in die Cra­ven­week vir dié ou­der­doms­groep wat tans in Bloem­fon­tein ge­hou word.

Seuns wat op daar­die ou­der­dom baie pro­te­ïen in­kry, sal waar­skyn­lik gro­ter as an­der wees.

Ge­ne­ti­ka speel ook ’n groot rol in seuns se groei, sê die Bloem­fon­tein­se di­eet­kun­di­ge Il­sa­bé S­poel­stra, wat 37 jaar er­va­ring het.

Hen­drik se pa en een ou­pa is al­bei groot mans. Hy en sy me­de-stut, Je­an­dré Ver­meu­len (94 kg), sê al­bei hul­le eet baie vleis. Bo­land is saam met die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie die e­nig­ste span­ne met twee spe­lers wat 94 kg of meer weeg. “Dis baie moei­lik om kom­men­taar op ie­mand se ge­wig te le­wer as ’n mens die per­soon nie self ge­sien het nie,” sê S­poel­stra.

“Jy kan ie­mand se lig­gaams­mas­sa-in­deks uit­werk, maar dis nooit pre­sies nie, want hoe ie­mand ge­bou is en die ge­wig van jou spie­re, vet en be­ne speel al­les ’n rol.

“Som­mi­ge seuns sal een­vou­dig van­weë hul ge­ne meer as an­der weeg. Daar­die spe­lers speel dik­wels in die voor­ry.”

Vol­gens haar is dit nie we­ten­skap­lik be­wys nie, maar seuns is waar­skyn­lik dees­dae gro­ter.

“Om te gym en ’n spe­si­a­le di­eet te volg, is nou mo­de.”

Sy kry dees­dae be­slis meer la­er­skool­kin­ders as kli­ën­te.

“Ou­ers bring hul kin­ders meest­al vir raad, nie om op ’n di­eet ge­sit te word nie. Jy wil kin­ders nie in ’n di­ee­t­raam­werk sit nie,” sê S­poel­stra.

Fo­to: MLUN­GI­SI LOUW

Hen­drik van Vu­ren

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.