‘Sui­wel­pro­jek is pre­mier, mi­nis­ter se N­kand­la’

Beeld - - News - Fien Beu­kes van Har­ri­smith, ’n boer, staan on­der een van die vier af­dak­ke op Kryn­aauws­lust waar die koeie glo ge­voer sou word.

“Hier­die plaas en die V­re­de-sui­wel­pro­jek is Ace Ma­gas­hu­le en Z­wa­ne se N­kand­la,” het M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, gis­ter op die plaas Kryn­aauws­lust bui­te V­re­de ge­sê.

“Dit is ’n mo­nu­ment vir kor­rup­sie.”

Mai­ma­ne en die lei­ers van die DA in die Vry­staat het die melk­plaas saam met ver­teen­woor­di­gers van die nuus­me­dia en die be­guns­tig­des van die om­stre­de pro­jek be­soek.

Mo­se­ben­zi Z­wa­ne, mi­nis­ter van mi­ne­ra­le bron­ne, was vroe­ër die LUR vir land­bou in die Vry­staat en is ’n boor­ling van V­re­de.

Mai­ma­ne het aan die be­guns­tig­des ge­sê ’n paar van hul­le sal af­ge­vaar­dig word om die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee oor land­bou toe te spreek.

Hy gaan vra dat die par­le­ment ’n bui­ten­ge­wo­ne ver­ga­de­ring oor dié saak hou en wag net op die o­pen­ba­re be­sker­mer se ver­slag oor die pro­jek. Straf­reg­te­li­ke klag­te gaan be­slis ook in­ge­dien word.

Die DA wil ook klag­te van ram­pok­ke­ry en geld­was­se­ry teen die Gup­tas laat on­der­soek.

Die pro­jek is in 2013 be­gin “om die plaas­li­ke be­vol­king te be­mag­tig en die Vry­staat­se e­ko­no­mie ’n hup­stoot te gee”, het die pro­vin­si­a­le re­ge­ring des­tyds ge­sê. 80 in­wo­ners sou glo be­guns­tig word en werk­ge­leent­he­de sou vir baie an­der ge­skep word.

Die pro­jek is ’n ven­noot­skap van die maat­skap­py Es­ti­na, wat met die Gup­tas ver­bind word, en die pro­vin­si­a­le re­ge­ring.

S­pan­ning het gis­ter op­ge­laai toe die be­guns­tig­des toe­gang tot die plaas ge­wei­er is.

Die groep, wat glo 51% van die aan­de­le in die pro­jek be­sit, sê hul­le was nog nooit self op die plaas nie en het geen be­nul wat daar aan­gaan nie.

Vei­lig­heids­wag­te by die hek, wat met die hand oop- en toe­ge­maak word en glo R2,6 mil­joen ge­kos het, wou nie­mand toe­laat nie en het die po­li­sie ont­bied. Mai­ma­ne het ge­sê dat ’n par­le­ments­lid e­ni­ge tyd toe­gang tot e­ni­ge staats­be­heer­de pro­jek het. Hul­le kon toe in­gaan.

“Dit moet e­ni­ge boer se droom wees om op so ’n plaas te kan boer,” het Do­reen Wes­sels, DAraads­lid van V­re­de, ge­sê.

Vol­gens haar word die plaas nou be­ter in stand ge­hou as ’n paar jaar ge­le­de.

Reu­se-sku­re, twee half­vol­tooi­de voer­kra­le waar melk­bees­te on­der­dak ge­voer sou word en ’n aan­leg waar pro­duk­te soos jo­gurt ver­vaar­dig sou word, staan on­be­nut.

Die na­ge­noeg 200 F­rie­skoeie is meest­al in ’n goeie toe­stand en word in ’n mo­der­ne, ge­re­ke­na­ri­seer­de mel­ke­ry met van die bes­te toe­rus­ting ge­melk.

Die melk word aan ’n maat­skap­py in Har­ri­smith ver­koop en van die werk­skep­pings­pro­gram het da­dels ge­kom, sê Wes­sels.

Twee net­jie­se sku­re waar die kal­wers ge­voer en ver­sorg word, ’n “hos­pi­taal” vir siek die­re, kuil­voer­put­te, nu­we trek­kers, ’n groot grond­dam, ’n werk­win­kel vir in­stand­hou­ding en mo­der­ne werk­tuie rond die prent­jie op Kryn­aauws­lust af.

Die Vry­staat­se re­ge­ring het dié plaas van 4 400 ha ge­koop en die re­ge­ring het R183 mil­joen in die pro­jek be­lê. Die plan was om 1 000 koeie aan te hou.

A­let van der Walt

Fo­to’s: A­LET VAN DER WALT

M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, en Pa­tri­cia Ko­pa­ne, Vry­staat­se lei­er van die par­ty, het gis­ter saam met ’n groep men­se die plaas Kryn­aauws­lust bui­te V­re­de be­soek. Ag­ter is van die F­rie­skoeie wat op die plaas ge­melk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.