Staat­skaping: ‘OB tree in be­lang van amp op’

Beeld - - News - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), moes skie­lik be­sef het sy moe­nie haar werk po­li­ties be­na­der nie.

Sy het in die be­lang van haar amp en haar kan­toor op­ge­tree toe sy haar teen­kan­ting uit­ge­spreek het teen pres. Ja­cob Zuma se hof­aan­soek oor die staat­skapings­ver­slag, sê T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der.

Mkhwe­ba­ne het Dins­dag ’n eeds­ver­kla­ring by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien waar­in sy Zuma se aan­soek teen­staan dat die re­me­di­ë­ren­de aan­be­ve­lings wat haar voor­gan­ger in haar staat­skapings­ver­slag ge­doen het, ty­de­lik ag­ter­weë ge­hou word.

Zuma wil die uit­voe­ring van die re­me­di­ë­ren­de aan­be­ve­lings keer tot­dat sy her­sie­nings­hof­aan­soek om die ein­ste aan­be­ve­lings ter­sy­de ge­stel te kry, af­ge­han­del is.

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la, vo­ri­ge OB, het in haar staat­skapings­ver­slag on­der meer aan­be­veel dat die hoof­reg­ter ’n reg­ter aan­stel om ’n kom­mis­sie van on­der­soek na die staat­skapings­be­we­rings te lei.

Mkhwe­ba­ne sê dit blyk Zuma se e­nig­ste we­sen­li­ke, prak­tie­se be­kom­mer­nis is om be­heer te hê oor ver­skeie as­pek­te van die kom­mis­sie: of ’n reg­ter die voor­sit­ten­de be­amp­te sal wees, die keu­se van dié reg­ter en die vas­stel­ling van die kom­mis­sie se man­daat en tyds­raam­werk.

Zuma mag nie oor dié as­pek­te be­heer kry nie om­dat hy per­soon­lik be­trek word by die be­we­rings. Hy het na be­we­ring ’n fi­nan­si­ë­le en per­soon­li­ke be­lang by die uit­slag van die be­we­rings.

Mkhwe­ba­ne sê in haar ver­kla­ring die me­dia ont­hul daag­liks ver­de­re be­we­rings van staat­skaping. Dit is in die o­pen­ba­re be­lang dat dit drin­gend on­der­soek word. Dit is nie in die be­lang van ge­reg­tig­heid om nie die re­me­di­ë­ren­de stap­pe te doen nie.

Ven­ter sê dis dui­de­lik Mkhwe­ba­ne het goeie regs­ad­vies ge­kry. Die vraag is hoe Zuma self die kom­mis­sie kan aan­stel wat hom moet on­der­soek.

Mkhwe­ba­ne be­vraag­te­ken dit ook in haar hof­stuk­ke.

Ven­ter sê dit is vir Zuma “baie ge­vaar­lik” om nie in­sae te hê in die aan­stel­ling van die reg­ter wat die kom­mis­sie moet lei nie. “Dit sal waar­skyn­lik die af­ge­tre­de ad­junk­hoof­reg­ter Dik­gang Mo­se­ne­ke wees. En hy en Zuma sit nie langs die­self­de vuur nie.”

Mkhwe­ba­ne sê in die hof­stuk­ke Zuma en die ANC het o­pen­lik ver­klaar hul­le on­der­steun die aan­stel­ling van ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek na die be­we­rings. Daar­om kan die kom­mis­sie aan­ge­stel word en sy werk be­gin doen.

Zuma se her­sie­nings­aan­soek het nie voor­uit­sig­te op suk­ses nie, sê sy.

Die re­me­di­ë­ren­de stap­pe moes al teen 2 De­sem­ber 2016 be­gin het. Pleks daar­van het die pre­si­dent op 2 De­sem­ber die her­sie­nings­hof­aan­soek in­ge­dien.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, sê om­dat die ANC nie ’n par­ty in die hof­ge­ding is nie, kan hy nie kom­men­taar le­wer nie. “Die be­trok­ke par­tye sal die saak in die hof be­spreek.” ) Ma­don­se­la het be­we­rings on­der­soek dat die Gup­ta-fa­mi­lie, Zuma se vrien­de, vir re­ge­rings­be­amp­tes ka­bi­nets­pos­te aan­ge­bied het in ruil vir staats­ten­ders en an­der guns­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.