S­ko­nes ruil kro­ne vir kos­pak­kies

Beeld - - News - Seug­net van Zyl

S­koon­heids­ko­nin­gin­ne van oor die wê­reld heen het vir 67 mi­nu­te hul kro­ne vir kos­pak­kies ver­ruil waar hul­le dié pak­kies aan kin­ders in kleu­ter­sko­le in A­lex­an­dra en Diep­sloot oor­han­dig het.

Die Mej. Wê­reld-or­ga­ni­sa­sie, met die leu­se “Beau­ty with a Pur­po­se”, is van­jaar ’n ven­noot in die S­top Hon­ger Nou­veld­tog.

S­top Hon­ger Nou is ’n in­ter­na­si­o­na­le pro­jek wat hon­ger­snood wil be­kamp.

Die skoon­he­de het ook M­vezo – die Man­de­la-stam se dor­pie – be­soek.

Mand­la Man­de­la, klein­seun van Nel­son Man­de­la en die in­ter­na­si­o­na­le am­bas­sa­deur van S­top Hon­ger Nou, sê in ’n ver­kla­ring: “Ons moet diep in ons hart reik en ’n ver­skil in die kin­ders se le­we maak.”

’n Ga­la-ete vir die S­top Hon­ger Nou-veld­tog word van­aand in die Sand­ton­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum ge­hou.

Sai­ra K­han, uit­voe­ren­de hoof van S­top Hon­ger Nou SA, sê hul­le hoop om mô­re 3 mil­joen kos­pak­kies vir kwes­ba­re kin­ders in die land by die Sand­ton­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum in Jo­han­nes­burg en die Dur­ban­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum te ver­pak.

Dui­sen­de kor­po­ra­tie­we vry­wil­li­gers gaan die pak­kies ver­pak.

“67 mi­nu­te van el­ke vry­wil­li­ger voed ’n hon­ger kind vir ’n jaar en met meer as 55 000 be­guns­tig­des land­wyd, is dit ’n on­ge­loof­li­ke ge­leent­heid vir kor­po­ra­tie­we Suid-A­fri­ka om deel te neem en saam ’n be­te­ke­nis­vol­le en bly­wen­de ver­skil te maak,” sê K­han.

S­top Hon­ger Nou SA se #Ri­se4Good-uit­da­ging is ’n reu­se- wê­reld­wye uit­da­ging waar ses lan­de en ver­skeie ste­de in Suid-A­fri­ka in Ju­lie mil­joe­ne kos­pak­kies vir hon­ger kin­ders gaan ver­pak.

K­han sê hul­le gaan met van­jaar se uit­da­ging poog om ver­le­de jaar se tei­ken van 10 mil­joen kos­pak­kies te klop.

Nel­son Man­de­la se vrou, Graça Ma­chel, is die be­skerm­vrou van die or­ga­ni­sa­sie.

Matt P­re­ston van Mas­ter­chef Aus­tra­lia- faam is ook ’n in­ter­na­si­o­na­le am­bas­sa­deur van S­top Hon­ger Nou.

In Suid-A­fri­ka is daar 2,5 mil­joen kin­ders wat daag­liks deur hon­ger in die ge­sig ge­staar word.

S­top Hon­ger Nou SA gee min­stens vyf keer per week aan meer as 55 000 kin­ders in 278 kleu­ter­sko­le land­wyd ’n warm bord kos.

Fo­to’s: WIKUS DE WET

’n Mei­sie­tjie van die M­pu­me­le­lo­dag­s­org­sen­trum in A­lex­an­dra soen Au­dra Ma­ri, Mej. VSA, op die wang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.