Klag is nou dalk po­ging tot moord

Beeld - - News - And­rea K­ü­sel en News24

Die man wat ’n Suid-A­fri­kaan­se vi­su­e­le kuns­te­naar by die steil trap­pe van sy Ai­rbnb in Amsterdam af­ge­stamp het, kan moont­lik van po­ging tot moord aan­ge­kla word, sê ’n woord­voer­der van die Ne­der­land­se ver­vol­gings­ge­sag.

Si­bahle N­kum­bi het on­der meer har­sing­skud­ding en in­ter­ne be­se­rings op­ge­doen en is in ’n hos­pi­taal op­ge­neem na­dat hy haar en haar vrien­de uit­ge­skop het om­dat hul­le laat ver­trek het.

Sy was in Amsterdam om saam met Za­ne­le Mu­ho­li, ’n wê­reld­be­ken­de Suid-A­fri­kaan­se fo­to­graaf, te werk. Mu­ho­li sê dit was ras­sis­tie­se ge­weld teen­oor ’n vrou.

“Die voorval het my kwaad, ge­frus­treerd en e­mo­si­o­neel ge­krenk ge­laat. Die bly­plek was ver­on­der­stel om vei­lig te wees, en tog is ’n jong mens am­per dood,” het Mu­ho­li in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Dis ie­mand wat haar nie fi­siek kon ver­de­dig teen ’n ou­er, wit man wat haar ge­skend het nie.”

Die voorval laat haar met ver­skeie vrae. “Sou die Ai­rbnb-eie- naar op die­self­de ma­nier ge­re­a­geer het as dit ’n wit vrou van Ne­der­land­se af­koms was? Sou hy die­self­de ge­doen het as hy te doen ge­had het met ’n an­der man?”

Die man het ge­skree: “Hier­die is nie A­fri­ka nie!” en “Jy is nie die ko­nin­gin nie!”

Lui­dens Mu­ho­li se ver­kla­ring het die S­te­de­li­jk Mu­seum, waar sy ’n uit­stal­ling het, die bly­plek be­spreek. Die vier jong SuidA­fri­ka­ners wat daar ge­bly het, sou oor die o­pe­ning van haar uit­stal­ling by dié mu­seum skryf.

“Hoe­wel hul­le aan­soek ge­doen het om la­ter as die ge­wo­ne tyd te ver­trek, het die ei­e­naar aan die deur ge­slaan en daar­op aan­ge­dring dat hul­le on­mid­del­lik gaan. Ter­wyl hul­le op­ge­pak het, het hy op ’n on­re­de­li­ke ma­nier aan­hou skree en ag­gres­sief op­ge­tree,” sê Mu­ho­li. Hy het eers die gas­te se ba­ga­sie by die trap­pe af­ge­gooi voor­dat hy N­kum­bi by die trap­pe af­ge­stoot het.

“Die aan­val het ge­beur toe ons ver­on­der­stel was om af­skeid van me­kaar en Ne­der­land te neem ná ’n uit­ste­ken­de o­pe­ning by die S­te­de­li­jk Mu­seum. Dit het ge­ëin­dig in tra­ne, trau­ma en ’n hos­pi­taal­be­soek vir een van die jong­men­se,” sê Mu­ho­li.

Da­vid King, ’n af­de­lings­hoof van Ai­rbnb, het aan Joop, ’n Ne­der­land­se nuus­web­tuis­te, ge­sê: “Hier­die ver­skrik­li­ke en bui­ten­spo­ri­ge be­han­de­ling van le­de van ons ge­meen­skap druis in teen al­les waar­voor Ai­rbnb staan. B­ri­an C­he­sky, ons uit­voe­ren­de hoof, en ek sal met die gas­te kon­tak maak.

“Ons sal die swaar­ste moont­li­ke stap­pe teen sul­ke af­stoot­li­ke ge­drag doen. Ons sal ook die po­li­sie en die ver­vol­gings­ge­sag met hul on­der­soek help. Nie­mand mag ooit so be­han­del word nie. Dit is on­aan­vaar­baar.”

Za­ne­le Mu­ho­li

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.