Kol­le­ga wou ver­klik dat Su­ni­ta af­fair het

Beeld - - News - May­ge­ne de Wee

’n Voor­ma­li­ge kol­le­ga van Su­ni­ta van Dyk (32) by die La­er­skool Paarl Gim­na­si­um was glo be­wus van die be­weer­de buit­eeg­te­li­ke ver­hou­ding tus­sen haar en Da­nie le Roux, die skool­hoof, en het ge­dreig om dit op die lap­pe te bring.

’n In­ge­lig­te bron wie se i­den­ti­teit aan Beeld be­kend is, het dié in­lig­ting gis­ter be­kend ge­maak.

Su­ni­ta en haar man, Ja­c­ques (30), het in die vroeë og­gend­u­re van 10 Mei ge­sterf in die huis wat hul­le op die plaas Jak­hals­vlei bui­te Wel­ling­ton be­woon het.

Ja­c­ques se fa­mi­lie het kort ná die eg­paar se dood ’n pri­va­te speur­der aan­ge­stel om vas te stel of daar e­ni­ge on­ge­rymd­he­de by die twee se dood teen­woor­dig is. Die pri­va­te speur­der het gis­ter by na­vraag ge­sê hy is op soek na die on­der­wy­se­res wat glo van die ver­hou­ding be­wus was en sal graag met haar wil praat oor wat sy weet.

Die bron sê Su­ni­ta het in Maart van­jaar aan ’n vrien­din ge­noem dat ’n on­der­wy­se­res by die skool “half en half van die ver­hou­ding uit­ge­vind het”. Die on­der­wy­se­res wou vol­gens die bron met al­le mag die “ver­hou­ding” op die lap­pe bring en het na be­we­ring die le­we vir Su­ni­ta baie moei­lik ge­maak.

Vol­gens die bron het Su­ni­ta ook in Ja­nu­a­rie van­jaar aan die vrien­din ge­noem dat sy ’n “af­fair” het. Die bron be­weer die twee vrien­din­ne het in Maart van­jaar gaan uit­eet, waar­ty­dens Su­ni­ta aan die vrien­din ge­sê het haar le­we is op die oom­blik nie lek­ker nie. Vol­gens die bron het sy die vrien­din toe ver­tel van die on­der­wy­se­res by die skool.

Sy het ook aan haar vrien­din ge­sê sy weet dat sy van die men­se en die skool moet weg­kom, maar dat dit moei­lik is om­dat sy ’n de­par­te­men­te­le pos het en de­par­te­men­te­le pos­te is skaars.

Le Roux het gis­ter nie sy te­le­foon ge­ant­woord nie en ook nie op vrae wat per W­hat­sApp aan hom ge­stuur is, ge­re­a­geer nie.

Fo­to: FACEBOOK

Su­ni­ta en Ja­c­ques van Dyk op hul trou­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.