Bou­wer en Le­an­die word ‘broer en sus­ter’

Beeld - - News - Mar­ti­net­te Hay

Die eg­paar Bou­wer Bosch en Le­an­die du Randt sal bin­ne­kort as broer en sus­ter ge­sien word in hul nu­we fliek, T­hys en T­rix.

Ky­kers kan uit­sien na ’n ko­mie­se fliek waar­in die broer en sus­ter pro­beer saam­werk in die po­li­sie se taak­mag.

“Ek en Le­an­die ba­klei baie in die fliek om­dat ons ka­rak­ters to­ta­le teen­oor­ge­stel­des van me­kaar is,” sê Bou­wer in ’n on­der­bre­king op die stel van die fliek.

T­rix is ’n baie ge­dre­we po­li­sie­be­amp­te en T­hys is meer ont­span­ne.

“Dit sorg vir ho­pe ver­maak om­dat die twee glad nie kan saam­werk nie,” sê hy.

“Die fliek is heel­te­mal an­ders as Jag­veld, waar­in my hoof­doel was om Le­an­die te ver­moor,” sê hy.

“Dit is nie vir ons vreemd om broer en sus­ter te speel nie. Dis die lek­ker ding van to­neel­speel: Op die stel wil ek haar ver­moor en in die aand by die huis vra ek vir haar of sy wil kof­fie hê.”

Die fliek speel groot­liks af by die Pin­na­cle Point-gholf­baan na­by Mos­sel­baai waar die twee be­amp­tes saam met hul kap­tein ’n dwelm­sin­di­kaat pro­beer vas­trek. B­ren­don Da­niels, wat so­pas in Sa­ra se ge­heim die rol van Ric­ky ge­speel het, ver­tolk die rol van die po­li­sie­kap­tein.

T­hys en T­rix moet voor­gee om ’n ge­trou­de eg­paar te wees om by die gholf­land­goed in te pas.

“Die twee mors dan eint­lik net die saak op ter­wyl hul­le die aan­dag van die kap­tein moet af­trek wat die on­der­soek doen,” sê Bou­wer. “Die fliek is geen­sins ge­weld­da­dig nie en die he­le ge­sin sal dit kan ge­niet.”

To­ne­le word ook in Jo­han­nes­burg ver­film. Die rol­prent word in A­pril 2018 uit­ge­reik.

Fo­to: FACEBOOK

Bou­wer Bosch en Le­an­die du Randt op die stel van die nu­we rol­prent T­hys en T­rix wat in A­pril 2018 uit­ge­reik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.