‘Va­se­li­ne­tjie’ se lok­prent prik­kel be­lang­stel­ling

Beeld - - News - El­re­tha B­ritz

Die lok­prent van die fliek Va­se­li­ne­tjie is pas vol­tooi en be­hoort fliek­vlooie ge­noeg te prik­kel om dié ver­film­de weer­ga­we van Anoes­chka von Meck se weg­hol­tref­fer te gaan kyk. Dit word op 22 Sep­tem­ber op die na­si­o­na­le kring­loop uit­ge­reik.

Mar­gue­ri­te van Ee­den (20), ’n nu­we­ling op die sil­wer­doek en ’n Ma­tie-stu­dent, is uit 4 000 hoop­vol­les vir die rol van He­le­na Bos­man, of­te­wel Va­se­li­ne­tjie, ge­kies.

Dié mei­sie het by haar ou­ma en ou­pa in die Noord-Kaap ge- woon tot­dat die wel­syn be­vind het ’n wit kind kan nie tus­sen bruin men­se bly nie. Op tien jaar is sy na ’n wees­huis in Gau­teng ge­stuur waar sy ver­der groot­ge­word het.

Ni­co­le Bond, ’n mei­sie met ’n Na­ma­kwa­land­se ak­sent en die­self­de stra­len­de gees as die hoof­ka­rak­ter, ver­tolk die jong Va­se­li­ne­tjie.

Die an­der ak­teurs is S­ha­leen Sur­tie-Ri­chards en Roys­ton S­tof­fels as haar ou­pa en ou­ma, en Su­let­te T­homp­son, Ka­rin van der Laag, D­ri­kus Vol­schenk, I­zel Be­zui­den­hout, Ar­no G­reeff en Sa­ra­hann Do­her­ty.

Die fliek is in vyf we­ke in Dur­ban, Jo­han­nes­burg en die Noord-Kaap ver­film en word uit­ge­reik deur Red Let­ter Day Pro­ducti­ons en The Film Fac­to­ry in sa­me­wer­king met kykNET. Cor­né van Rooy­en het ’n draai­boek ver­werk van Von Meck se boek en is die re­gis­seur.

Die plak­kaat van die fliek Va­se­li­ne­tjie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.