Po­li­sie lê be­slag op vuur­wa­pen

Beeld - - News - Susan Cilliers

Drie mans is vas­ge­trek weens die moord op en ver­krag­ting van El­sa Eras­mus (74) op haar plaas in die A­ma­lia-om­ge­wing, S­chwei­zer-Re­ne­ke.

Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, sê die drie ver­dag­tes, tus­sen 30 en 35 jaar oud, is Dins­dag in die­self­de om­ge­wing vas­ge­trek.

Hul­le ver­skyn mô­re in die hof in S­chwei­zer-Re­ne­ke op aan­klag­te van moord, ver­krag­ting, huis­braak en die dief­stal van ’n voer­tuig.

Die po­li­sie het ook be­slag ge­lê op ’n vuur­wa­pen.

’n Spe­si­a­le taak­span van die po­li­sie wat glo feit­lik dag en nag ge­werk het, het die drie ver­dag­tes vas­ge­trek.

Eras­mus het op 1 Ju­lie ver­mis ge­raak op haar plaas waar sy se­dert die dood van haar man, Hen­drik, drie jaar ge­le­de al­leen ge­woon het.

’n Groot­skaal­se soek­tog met on­der meer po­li­sie- en pri­va­te he­li­kop­ters is be­gin. Eras­mus se bak­kie waar­mee die aan­val­lers ge­vlug en haar ver­moe­de­lik ook van die plaas­huis ont­voer het, is die vol­gen­de og­gend ver­la­te op die plaas ge­vind.

Haar lyk is en­ke­le ure la­ter ge­vind, on­ge­veer 300 m van die bak­kie.

El­sa Eras­mus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.