S­kul­di­ge nog vry ná at­leet dood­ge­ry is

Beeld - - News - – Han­nes Kru­ger

Die be­graf­nis­diens van Le­on Ba­ker, die Com­ra­des-at­leet wat ver­le­de week in Mid­rand dood­ge­ry is toe hy ge­draf het, word van­dag ge­hou.

Sy vriend en me­de­at­leet Du­a­ne Ne­w­man sê Ba­ker (45) se lyk­skou­ing is Dins­dag af­ge­han­del.

Die be­graf­nis­diens word van­dag in Rand­burg ge­hou en hy word die na­week in Port E­li­za­beth be­gra­we.

Ne­w­man sê meer as 200 men­se het Sa­ter­dag ’n ge­denk­diens by­ge­woon. “Ver­skeie hard­lo­pers het ook Sa­ter­dag in P­re­to­ria by­me­kaar­ge­kom en ter ere van hom ’n wed­loop van 10 km af- ge­lê. Sy kin­ders, Dy­lan (17) en Jen­ni­fer (21), het saam ge­draf.” Ba­ker het vroeg ver­le­de Dins­dag gaan draf. Sy ge­sin het na hom be­gin soek toe hy nie te­rug­keer huis toe nie.

Die po­li­sie het Ba­ker se lyk om­streeks 06:30 op die hoek van Gar­den- en Sum­mit­weg aan­ge­tref. Dy­lan was die eer­ste ge­sins­lid wat op die to­neel aan­ge­kom het.

Nie­mand is nog in ver­band met sy dood in heg­te­nis ge­neem nie, sê Ne­w­man. “S­tuk­ke van ’n voer­tuig­lig op die to­neel dui daar­op dat ’n mi­ni­bus­taxi hom ge­tref het.”

Le­on Ba­ker en sy vrou, Sal­ly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.