Ou­ma ge­noem in kin­der­seks­be­we­rings

Beeld - - News - – Ü­gen Vos

Die po­li­sie in K­waZu­lu-Na­tal on­der­soek be­we­rings dat ’n ou­ma mans toe­ge­laat het om haar tien­ja­ri­ge klein­dog­ter en die kind se drie­ja­ri­ge nig­gie teen be­ta­ling te ver­krag.

Die tien­ja­ri­ge mei­sie se ma het haar be­trap ter­wyl sy pro­beer het om met ’n an­der kind seks te hê.

Die kind het ge­sê sy het ná skool met mans seks ge­had en dat sy dit by haar ou­ma ge­leer het.

Die kind se ma het gis­ter aan Ti­mesLi­ve ge­sê vol­gens die kind het haar ou­ma dronk by die huis aan­ge­kom met mans en haar en haar nig­gie ge­dwing om seks met hul­le te hê.

Vol­gens die mei­sie het die ver- krag­tings oor ’n lang tyd­perk plaas­ge­vind ter­wyl sy by haar ou­ma in M­ku­ze ge­woon het.

Sy het in ’n on­der­houd met die SAUK ver­tel hoe sy weens die her­haal­de­li­ke ver­krag­tings hi­per­sek­su­eel ge­word het.

Lt.kol. T­hu­la­ni Z­wa­ne, po­li­sie­woord­voer­der, sê een van die mans is reeds op aan­klag­te van ver­krag­ting in heg­te­nis ge­neem en die po­li­sie is op soek na an­der ver­dag­tes.

“Die ver­dag­te in po­li­sie­aan­hou­ding het Dins­dag vlug­tig in die hof ver­skyn.

“Dit is ’n baie sen­si­tie­we saak om­dat sul­ke jong kin­ders be­trok­ke is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.