Tal­le glo dood oor ge­loofs­prak­ty­ke

Moet pe­trol drink of selfs me­di­sy­ne los

Beeld - - News - Han­nes Kru­ger

Meer as 30 families het by die Kom­mis­sie vir die Be­vor­de­ring en Be­sker­ming van die Reg­te van Kul­tu­re­le, Gods­diens- en Taal­ge­meen­skap­pe ge­kla dat ’n fa­mi­lie­lid weens ge­loofs­prak­ty­ke dood is.

Daar kan eg­ter baie meer slag­of­fers wees, sê T­ho­ko Mkhwa­na­zi-Xa­lu­va, voor­sit­ter van die kom­mis­sie.

Die kom­mis­sie het in 2015 met ’n on­der­soek be­gin na ge­loofs- prak­ty­ke ná voor­val­le waar­in aan­bid­ders deur hul ge­loofs­prak­ti­syns ge­dwing is om on­der meer slan­ge te eet, pe­trol te drink en hul­le te soen.

Mkhwa­na­zi-Xa­lu­va sê in die kom­mis­sie se on­der­soek het meer as 30 families ver­trou­lik ge­tuig dat fa­mi­lie­le­de weens on­der meer die ge­bruik van so­ge­naam­de ge­loofs­pro­duk­te dood is.

“Men­se drink goed soos pe­trol of Det­tol (’n ont­smet­tings­mid­del) en sterf.

“Families het ook ge­tuig dat ge­loofs­prak­ti­syns vir hul fa­mi­lie­le­de ge­sê het om nie meer hul voor­skrif­me­di­sy­ne te ge­bruik nie en eer­der te bid. Hul­le is ook dood.”

Sy sê die pre­sie­se ge­tal slag­of­fers kon nie be­paal word nie om­dat dié be­vin­ding op ’n a­nek­do­tie­se stu­die ge­grond is waar­in fa­mi­lie­le­de oor hul er­va­ring ge­tuig het.

“Ons meen eg­ter veel meer men­se (as waar­oor die fa­mi­lie­le­de ge­tuig het) is weens se­ke­re ge­loofs­prak­ty­ke dood.”

Fa­mi­lie­le­de sê wan­neer ie­mand dood­gaan om­dat hy nie meer sy me­di­sy­ne ge­bruik het nie, sê die ge­loofs­prak­ti­syn die oor­le­de­ne het nie hard ge­noeg ge­bid nie.

“Dis tra­gies. Hul­le be­veel ook al­ler­lei pro­duk­te aan wat met ’n se­ke­re kwaal sal help en dan lei dit tot ’n aan­bid­der se dood. Niks wat die ge­loofs­prak­ti­syns aan­be­veel, is op we­ten­skap­li­ke be­wy­se ge­grond nie.”

Vol­gens haar sal dié prak­ty­ke stop­ge­sit kan word as ge­loofs­prak­ti­syns en plek­ke van aan­bid­ding ge­re­gu­leer word en daar­om het die kom­mis­sie dié stap ver­le- de week aan die par­le­ment voor­ge­stel.

Dié prak­ti­syns sal hul­le by ’n sam­breel­or­ga­ni­sa­sie soos die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Ker­ke moet re­gis­treer.

Die sam­breel­or­ga­ni­sa­sies sal aan por­tuur­e­va­lu­e­rings­ko­mi­tees ver­slag doen wat dan aan die kom­mis­sie ver­slag sal doen.

Mkhwa­na­zi-Xa­lu­va sê dit sluit al­le ge­loofs­prak­ti­syns, van pries­ters in die Rooms-Ka­to­lie­ke Kerk tot do­mi­nees in die NG Kerk, in.

“Daar is ge­loof­waar­di­ge ge­loofs­prak­ti­syns wat reeds by ’n sam­breel­or­ga­ni­sa­sie ge­re­gis­treer is.

“Ons moet nou net daar­die da­ta ont­vang so­dat ons pre­sies kan weet wat al­le ge­loofs­prak­ti­syns doen en waar hul­le prak­ti­seer.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Past. Le­se­go Da­niel het sy ge­meen­te­le­de aan­ge­moe­dig om pe­trol te drink na­dat hy dit in “pyn­ap­pel­sap ver­an­der het”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.