Nog hof­sa­ke dreig oor ver­ple­ging­stu­den­te se diens­jaar

Beeld - - News - Ren­eil­we Dhludhlu

So­li­da­ri­teit gaan moont­lik die hof weer na­der oor ver­ple­ging­stu­den­te wat nie deur die de­par­te­ment van ge­sond­heid vir hul diens­jaar ge­plaas word nie, na­dat nóg ge­val­le aan die lig ge- kom het.

Die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria het die de­par­te­ment Dins­dag be­veel om Dané Hertz, ’n ver­ple­ging­stu­dent, bin­ne 30 dae vir haar diens­jaar te plaas.

So­li­da­ri­teit het die be­vel teen die de­par­te­ment en dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, ge­vra.

An­ton van der Bi­jl, hoof van So­li­da­ri­teit se sen­trum vir bil­li­ke ar­beids­prak­ty­ke, sê die hof­be­vel skep ’n be­lang­ri­ke pre­se­dent wat in soort­ge­ly­ke om­stan­dig­he­de toe­ge­pas kan word.

“Ons be­plan om bin­ne­kort nog soort­ge­ly­ke stap­pe teen die de­par­te­ment van ge­sond­heid te doen.”

Si­bon­gi­se­ni De­lihla­zo, woord­voer­der van die ver­pleeg­vak­bond De­no­sa, het die uit­spraak ver­wel­kom. Hy sê as daar ’n oor­maat ver­ple­ërs was, sou dit ver­staan­baar ge­wees het as hul­le nie vir hul ver­plig­te ge­meen­skaps­diens­jaar ge­plaas word nie, “maar daar is ’n te­kort en al­mal weet dit”. Dui­sen­de stu­den­te sit el­ke jaar by die huis om­dat hul­le nie ge­plaas word nie, maar “pa­si­ën­te gaan dood in hos­pi­ta­le en kli­nie­ke om­dat daar ’n te­kort aan ver­ple­ërs is”.

“Dit is te wy­te aan die wan­or­de in die de­par­te­ment. Weet hul­le nie dat daar geen ge­sond­heid son­der ver­ple­ging is nie?

“Die de­par­te­ment mors geld om­dat hy beur­se aan stu­den­te toe­ken, maar hul­le nie vir hul ge­meen­skaps­diens­jaar plaas so­dat hul­le as ver­ple­ërs kan kwa­li­fi­seer nie.”

Die de­par­te­ment het teen druk­tyd nie op na­vrae ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.