At­le­te ge­waar­sku teen dié aan­vul­ler

Beeld - - News - El­sa­bé B­rits

At­le­te en an­der ver­brui­kers word ge­waar­sku teen ’n voed­sel­aan­vul­ler wat spo­re van a­na­bo­lie­se ste­ro­ïe­de be­vat.

At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) het at­le­te gis­ter teen Bi­o­gen Te­stofor­te ge­waar­sku.

Dit was na­dat die Suid-A­fri­kaan­se In­s­ti­tuut vir D­welm­vrye S­port (Saids) ge­sê het ’n on­af­hank­li­ke la­bo­ra­to­ri­um het die mid­del ge­toets.

Fiets­ry Suid-A­fri­ka het ook ge­sê drie a­na­bo­lie­se ste­ro­ïe­de wat nie op die e­ti­ket aan­ge­dui word nie, is in die aan­vul­ler ge­vind. Vol­gens Saids is die sa­me­stel­ling van die for­mu­les in sul­ke pro­duk­te, as­ook die vei­lig­heid en doel­tref­fend­heid daar­van, nie kli­nies ge­toets nie.

Die ver­vaar­di­ger voer aan die pro­duk is “na­tuur­lik”, vei­lig en het nie ne­we-ef­fek­te nie. ’n Klag teen Bi­o­gen Te­stofor­te is al voor­heen by die Gesags­ver­e­ni­ging vir Re­kla­me­stan­daar­de in­ge­dien “en daar was ’n uit­spraak teen vals aan­spra­ke, in­slui­tend sy be­weer­de uit­wer­king ter on­der­steu­ning van tes­tos­te­roon,” sê Saids.

At­le­te en an­der ver­brui­kers is ge­waar­sku teen die ge­bruik van aan­vul­lers, ook krui­e­for­mu­les, en pro­duk­te wat be­weer dat dit tes­tos­te­roon of ’n an­der hor­moon sti­mu­leer. Be­ne­wens die ge­sond­heids­ri­si­ko kan at­le­te po­si­tief ge­toets word vir ver­bo­de mid­dels. Bi­o­gen sê in ’n blo­gin­skry­wing die pro­duk is nie deel van sy sportreeks nie. Dis ’n “krui­e­mid­del wat ont­wik­kel is om ge­son­de en na­tuur­li­ke tes­tos­te­roon­vlak­ke te on­der­steun”.

Die pro­duk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.