Nu­we spe­sie ‘klui­se­naar’ ont­dek

Beeld - - News - El­sa­bé B­rits

’n U­nie­ke klui­se­naars­krap met groen oë en ’n sag­te, le­wen­de skulp op sy rug, is aan die Wes­kus ont­dek.

Jan­nes Landschoff, ’n dok­to­ra­le stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad, sê dié krap het ’n baie on­ge­wo­ne en klein ver­sprei­dings­ge­bied – be­ne­wens al sy e­nig­ma­tie­se ken­mer­ke.

Dit is ge­vind deur dr. La­ra At­kin­son, ’n ma­rie­ne na­vor­ser, en ook na haar ge­noem: Para­gi­o­pa­gu­rus at­kin­so­nae.

Landschoff en nog ’n ken­ner van die VSA het pas die krap vir die eer­ste keer be­skryf en be­stu­deer. Die na­vor­sing is on­langs ge­pu­bli­seer in die vak­joer­naal ZooKeys.

“Dit kom net voor in ’n ge­bied wat 25 x 25 see­myl (so­wat 2 144 km²) groot is, so­wat 50 km noord­oos van Kaap Co­lum­bi­ne,” sê hy.

Klui­se­naars­krap­pe kom ge­woon­lik diep on­der die wa­ter voor, maar dié een is in vlak wa­ter. Hul­le is net so­wat 70 mm lank.

“Ge­woon­lik word hul­le dui­sen­de me­ters diep ge­kry . . . Tal­le van die spe­sies woon nie in see­skul­pe nie om­dat skul­pe nie so diep voor­kom nie. Hul­le woon in skul­pe wat uit sand en ’n see­a­ne­moon be­staan. Dit is hoe hul­le so diep kan oor­leef. Hoe­kom dié een so vlak voor­kom, weet ons nie,” sê hy. Dié skulp is ook sag.

Hy sê dat die man­ne­tjies en wy­fies re­de­lik van me­kaar ver­skil, ver­al wat be­tref die loop­poot of klou. Dié van die man­ne­tjie is veel gro­ter as dié van die wy­fie. Maar wan­neer hul­le in die skulp in­kruip om hul­self te be­skerm, sit al­bei se poot aan die voor­kant van die skulp vir be­sker­ming.

Hoe­kom die krap groen oë het, is on­se­ker, maar dit maak dit mak­li­ker om dit uit te ken.

Dit is steeds nie pre­sies se­ker hoe klui­se­naars­krap­pe voort­plant nie, sê hy. Wat wel be­kend is, is dat die man­ne­tjies ’n or­gaan ( go­no­pod) het om sperm­pak­kies aan die wy­fie oor te dra. Die wy­fie kan vir ’n tyd lank die sperm­pak­kie bui­te haar lyf stoor. So­dra die ei­ers vry­ge­laat word, word hul­le waar­skyn­lik in die skulp ge­laat om be­vrug te word deur die sperm­pak­kie. Vol­gens Landschoff dra sy die lar­wes saam tot­dat hul­le uit­broei. Daar­na leef hul­le van plank­ton en ná ’n paar we­ke is hul­le groot ge­noeg om hul eie sag­te skul­pe te vind.

Pre­sies wat hul­le eet, is ook on­be­kend.

Fo­to: UK

Die nu­we klui­se­naars­krap­spe­sie wat aan die Wes­kus ge­vind is met sy u­nie­ke groen oë. Sy skulp be­staan uit sand en ko­lo­nies van see­a­ne­mo­ne wat op sy rug leef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.