BLF sê nou hy is daar­teen dat sy le­de joer­na­lis­te in­ti­mi­deer

Beeld - - News - Ni­co Gous

Black First Land First (BLF) sê, soos wat die hoog­ge­regs­hof hom be­veel het, hy keur dit nie goed dat sy le­de joer­na­lis­te in­ti­mi­deer, teis­ter of dreig nie.

Die groep het die ver­kla­ring eer­gis­ter op sy web­werf en op so­si­a­le me­dia ge­plaas.

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) en 11 joer­na­lis­te, kom­men­ta­tors en re­dak­teurs het die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ge­vra om BLF­le­de te be­let om hul­le te in­ti­mi­deer, te teis­ter en te dreig.

BLF-le­de het op 29 Ju­nie ’n be­to­ging bui­te Pe­ter Bru­ce, groe­pre­dak­teur van Ti­so Black­star, se huis ge­hou en Tim Co­hen, Bu­si- ness Day se re­dak­teur, ge­ïn­ti­mi­deer en aan­ge­rand.

BLF het op 30 Ju­nie op sy web­werf ge­dreig om soort­ge­ly­ke be­to­gings by die hui­se van “ras­sis­tie­se wit joer­na­lis­te” te hou.

Die hof het die BLF en die or- ga­ni­sa­sie se lei­er, An­di­le Mngx­i­ta­ma, be­veel om bin­ne 12 uur aan die hof­be­vel te vol­doen.

BLF sê in die ver­kla­ring op sy web­werf on­der meer hy keur dit nie goed dat sy le­de: ) Na joer­na­lis­te se hui­se gaan of e­nig­sins die vry­heid van joer­na­lis­te be­perk nie; en ) Uit­la­tings op so­si­a­le me­dia maak wat joer­na­lis­te dreig of in­ti­mi­deer met ver­wy­sing na ge­weld, be­ska­di­ging en drei­ge­men­te nie.

Sa­nef ver­wel­kom BLF se ver­kla­ring. “Hier­die is nie net ’n oor­win­ning vir joer­na­lis­te wat ge­tei­ken is vir hul ver­slag­ge­wing oor staat­skaping nie, maar ook ’n oor­win­ning vir ons Grond­wet en die op­per­ge­sag van die reg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.