Mu­siek was vir hom spi­ri­tu­eel

Beeld - - News -

Ray P­hi­ri sal nie net vir sy mu­siek ont­hou word nie, maar ook vir sy mens­lik­heid en ne­de­rig­heid.

In ’n on­der­houd met P­hum­la­ni S. Lan­ga van Ci­ty P­ress op 21 Mei van­jaar het hy ge­praat oor hoe sy mu­siek hom nog op 70-ja­ri­ge leef­tyd roer en dat hy steeds voel hy “het dit nog nie in die mu­siek­wê­reld ge­maak nie”. Mu­siek was vir hom spi­ri­tu­eel. “Dit bied he­ling en be­pein­sing en dit moet waar­de toe­voeg. E­mo­sie moet deur­skyn en ’n ge­son­de ma­te van re­spek is no­dig.”

In die on­der­houd sê hy hy is baie be­wus daar­van dat jong ta­lent ge­koes­ter moet word.

“Ek ge­niet dit om saam met jong men­se mu­siek te maak en te luis­ter. Hoe be­mag­tig jy son­der om aan te moe­dig?”

P­hi­ri was ook baie goed be­vriend met die trek­kla­vier­spe­ler Ni­co Car­stens en het groot be­won­de­ring vir hom ge­had.

In ’n on­der­houd op 3 Maart van­jaar op die Woord­fees in S­tel­len­bosch, waar P­hi­ri in ’n hul­de­blyk aan Car­stens op­ge­tree het, skryf Ma­ri­a­na Ma­lan hul­le is twee kan­te van die­self­de munt.

“Hul lief­de vir mu­siek staan voor­op, met dro­me van roem en ryk­dom ver in die ag­ter­grond.”

Hy het ge­meen Car­stens se mu­siek het uit sy hart ge­kom.

“Ek het dit ge­sien toe ons vir die eer­ste keer saam­ge­werk het. Ek het ’n lied ge­skryf om my pa se na­ge­dag­te­nis te eer. Daar was nie veel struk­tuur nie, bloot e­mo­sie. Ek wou ’n trek­kla­vier­spe­ler hê om saam met my te speel en na­dat ek vyf an­der oor­weeg het, het ek hom ge­kies.

“Toe hy my vra waar die blad­mu­siek is, het ek ge­sê dit be­staan nie. Ek het hom rig­ly­ne ge­gee en ge­sê: ‘Sit jou­self in my skoe­ne en speel wat jy voel.’ Ná 45 mi­nu­te het ons die lied ‘Fat­her’ klaar op­ge­neem. Vol­maak.”

Fo­to: 3RD EAR MUSIC

Ni­co Car­stens en Ray P­hi­ri saam op die ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.