S­ko­te klap nog ná ‘oor­win­ning’

Ou S­tad word nou op­ge­ruim

Beeld - - Wêreld­beeld - – Reu­ters

Bom­me het gis­ter weer in Mosoel ont­plof, twee dae na­dat die Irak­se re­ge­ring te ken­ne ge­gee het dat hy I­sis se mag­te in die s­tad ver­slaan het.

“Ons leef steeds in ’n oor­lo­g­at­mos­feer,” het Fa­hd G­ha­nim (45) van Mosoel gis­ter ge­sê.

Hai­der al-A­ba­di, Irak­se pre­mier, het Maan­dag aan­ge­kon­dig dat I­sis se stel­lings in die s­tad fi­naal daar­mee heen is.

“Die ter­ro­ris­te­staat het in duie ge­stort,” sê hy.

’n Weer­mag­woord­voer­der noem gis­ter se ont­plof­fings “op­rui­mings­o­pe­ra­sies”.

“Daar is nog I­sis-veg­ters wat op ver­skil­len­de plek­ke skuil. Hul­le kom dan en wan te voor­skyn en ver­dwyn dan weer, maar ons kom hul­le by.”

Hy wou nie ’n skat­ting waag oor hoe­veel ter­ro­ris­te in die s­tad skuil nie. Dit is ook on­be­kend hoe­veel bur­ger­li­kes die ge­vaar ge­trot­seer en daar ge­bly het.

In die jong­ste voor­val­le het sol­da­te Dins­dag kort voor mid­der­nag met I­sis-le­de slaags ge­raak.

Die gevegte het tot gis­ter vroeg­og­gend ge­duur. He­li­kop­ters is daar­na in­ge­stuur en rook­wol­ke het op­ge­styg.

In­wo­ners wat die si­tu­a­sie van oor­kant die Ti­gris­ri­vier dop­ge­hou het, sê dit is nie dui­de­lik of dit die ge­volg was van aan­val­le deur die sol­da­te of I­sis-bom­me nie.

Die A­me­ri­kaan­se weer­mag in Irak het vroe­ër van­dees­week ge­sê daar kan nog hon­der­de in­sy­pe­laars wees.

Ná Al-A­ba­di se aan­kon­di­ging is ver­slag­ge­wers nie in die Ou S­tad toe­ge­laat nie.

Lt.genl. S­te­phen To­wn­send het aan ver­slag­ge­wers ge­sê daar is plek­ke waar I­sis-veg­ters hul­le ver­skans het.

“Ons het nie op el­ke ge­bou toe­ge­slaan nie. Dit sal ge­doen moet word.

“Be­ne­wens die ge­wa­pen­de in­sy­pe­laars is plof­toe­stel­le ook ge­plant. Ons ver­wag dat daar in die fi­na­le op­rui­ming on­ge­val­le on­der die Irak­se vei­lig­heids­mag­te sal wees.”

Die ko­a­li­sie­mag­te wat teen I­sis in Irak veg, het Dins­dag drie lug­aan­val­le uit­ge­voer. Hul­le het spe­si­fiek ma­sjien­ge­weer­stel­lings en vuur­pyl­lan­seer­ders in die vi­sier ge­had.

Suid van Mosoel het die Irak- se weer­mag ’n I­sis-aan­val uit die we­s­te­li­ke woes­tyn­ge­bied op die dor­pie Al-Ja­ran af­ge­weer.

Met die hulp van ver­ster­kings het die weer­mag ter­ro­ris­te ook uit die dor­pie I­mam G­har­bi, ver­der suid, ver­dryf.

I­sis het so­wat 75% van die dor­pie be­set na­dat hy dit ver­le­de week aan­ge­val het.

Die oor­win­ning oor I­sis in Mosoel sal na ver­wag­ting ver­gel­dings­aan­val­le en her­nu­de kon­flik tus­sen Soen­nie­te en S­ji­ïe­te tot ge­volg hê. Dit is dié sek­ta­rie­se kon­flik wat die land in ’n bur­ger­oor­log ge­dom­pel het na­dat Sad­dam Hoe­sein in 2003 uit die kus­sings ge­lig is.

Die ko­a­li­sie­mag­te, on­der lei­ding van die VSA, ver­wag guer­ril­la-aan­val­le nou­dat be­dui­den­de oor­win­nings oor I­sis be­haal en ste­de her­o­wer word.

Twee sol­da­te het om­ge­kom en vier is be­seer toe I­sis-le­de Dins­dag ’n grens­pa­trol­lie­kon­vooi in die pro­vin­sie An­bar, by die grens met Si­rië, aan­ge­val het.

In die I­skan­da­ri­ja-dis­trik suid van Bag­dad is 28 Soen­ni-bur­ger­li­kes van­dees­week ont­voer.

20 van hul­le is la­ter dood ge­kry, sê ’n po­li­sie­woord­voer­der.

Ver­dag­tes wat aan­ge­keer is, het aan die po­li­sie ge­sê hul­le is le­de van die ge­wa­pen­de groep A­saib Ahl al-Hak, ’n S­ji­ïe­tie­se be­we­ging. Le­de van dié be­we­ging neem deel aan die veld­tog teen I­sis.

’n Woord­voer­der van die be­we­ging in Bag­dad sê hy weet nie van die voorval nie.

Fo­to: AP

Rook­wol­ke hang oor Mosoel se Ou S­tad, waar I­sis­stel­lings gis­ter aan­ge­val is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.