Reu­se­ys­berg breek in Ant­ark­ti­ka af

Beeld - - Wêreld­beeld - – Ma­re­li­ze Bar­nard

’n Ys­berg het af­ge­breek van die Ant­ark­tie­se ys­bank Lar­sen C na­dat we­ten­skap­li­kes dae lank a­sem op­ge­hou het oor wan­neer dit gaan ge­beur.

Prof. A­dri­an Luck­man, lei­er van die Mi­das-pro­jek aan die U­ni­ver­si­teit van S­wan­sea in B­rit­tan­je, sê op T­wit­ter as ge­volg van die gro­ter wor­den­de skeur in die ys­bank het die ys­berg tus­sen Maan­dag en gis­ter af­ge­breek.

Dit kan die der­de groot­ste ys­berg wees wat op dié ma­nier ge­vorm is se­dert sa­tel­lie­te ge­bruik word om Ant­ark­ti­ka te mo­ni­tor.

Die ys­berg is lui­dens be­rig­te so­wat 5 800 km² groot, by­na ’n der­de die groot­te van Gau­teng.

Die ys­berg het nog nie weg­ge­dryf nie. Hy kan vol­gens ken­ners bly waar hy is, weg­dryf of in klei­ner ys­ber­ge ver­brok­kel.

Na­vor­sers sê dit is ’n ge­o­gra­fie­se eer­der as ’n kli­maat­ver­wan­te ge­beur­te­nis.

’n Mas­sie­we ys­berg het ont­staan na­dat ’n groot deel van die Lar­sen Cys­bank in Ant­ark­ti­ka af­ge­breek het. ’n Skeur het se­dert 24 Ju­nie al hoe vin­ni­ger be­gin groei, en klei­ner skeu­re sal be­te­ken dat die ys­berg nie so­lied af­breek nie, maar ook klei­ner ys­ber­ge vorm. Bron: pro­ject­mi­das.org Gra­fi­ka24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.