783 moe­re vir 783 klag­te teen Zuma Om­stan­ders dreig hul­le glo, brand deel af Teg­no­lo­gie ver­vang vir ’19­ver­kie­sing

Beeld - - Wêreld­beeld - Susan Cilliers

Die “sa­ti­rie­se mo­nu­ment” wat AfriForum Dins­dag vir pres. Ja­cob Zuma in Groot-Marico op­ge­rig het, is kort daar­na deels ver­brand.

Die “mo­nu­ment” het 783 moe­re, een vir el­ke klag van kor­rup­sie teen Zuma, sê Ti­aan Oost­hui­zen, dis­trik s ko­ör­di­neer­der van Afr i Forum in Noord­wes.

AfriForum en AfriForum Jeug het die mo­nu­ment gaan op­rig by die plek waar die Noord­wes-re­ge­ring be­sig is om ’n mo­nu­ment vir Zuma en 45 le­de van umK­hon­to weSi­z­we (MK) te bou.

Die groep is in Ju­nie 1963 saam met Zuma hier in heg­te­nis ge­neem.

Die plan was aan­vank­lik om ’n stand­beeld van so­wat R6 mil­joen vir Zuma op te rig, maar die Noord­wes-re­ge­ring het daar­van af­ge­sien ná he­wi­ge teen­kan­ting van on­der meer op­po­si­sie­par­tye en AfriForum.

Die mo­nu­ment gaan glo so­wat R1,7 mil­joen kos.

Oost­hui­zen sê hul “ak­ti­vis­tie­se daad” is kort­ge­knip toe om­stan­ders kort ná die op­rig­ting van hul mo­nu­ment ge­dreig het om die AfriForum-le­de aan te rand.

“Hul­le het ook ge­dreig om ons toe­rus­ting te breek.

“Daar­na het hul­le die plak­ka­te en ba­nier wat deel van ons mo­nu­ment uit­maak, ver­brand,” sê Oost­hui­zen.

Hy meen dit is hart­seer dat po­li­ti­ci die ge­meen­skap so kan be­ïn­vloed dat hul­le nie be­sef die geld vir die Zuma-mo­nu­ment kon eer­der ge­bruik ge­wees het om diens­le­we­ring en in­fra­struk­tuur in die ver­val­le Groot-Marico te ver­be­ter nie.

“Ons moes die dorp ver­laat weens drei­ge­men­te en ge­weld­da­di­ge op­tre­de. Dit was bloot ak­ti­vis­me om ons on­te­vre­den­heid oor te dra, maar dit het vin­nig in ’n ras­se­kwes­sie ont­aard.

“Ons sal nooit die op­rig­ting van hier­die mo­nu­ment (van die pro­vin­si­a­le re­ge­ring) goed­keur nie,” sê Oost­hui­zen.

AfriForum het vroe­ër ’n aan­soek in­ge­vol­ge die Wet op die Be­vor­de­ring van Toe­gang tot In­lig­ting (Paia) by die pro­vin­si­a­le re­ge­ring in­ge­dien om in­lig­ting oor die kos­te van die jong­ste plan vir die Zuma-mo­nu­ment te kry.

Dad­dy Se­bo­le­cwe, woord­voer­der van Noord­wes se pre­miers­kan­toor, het nie ’n na­vraag be­ant­woord oor wat die Zu­ma­mo­nu­ment sal kos nie. Hy sê wel dat die mo­nu­ment deel uit­maak van’ n be­vry­ding s er­fe­nis­roe­te.

Die he­le pro­jek, wat in fa­ses uit­ge­voer word, sal ein­de­lik be­staan uit’ n ge­bied van er­fe­nis­be­wa­ring, kuns, kul­tuur en toe­ris­me ge­leent­he­de.

’n Kul­tuur­dor­pie waar­in die Bats­wa­na se er­fe­nis uit­ge­beeld sal word, sal ook daar be­soek kan word.

Die sa­ti­rie­se mo­nu­ment met 783 moe­re, een vir el­ke kor­rup­sie­klag teen pres. Ja­cob Zuma, wat AfriForum Dins­dag in Groot­Marico vir die pre­si­dent op­ge­rig het.

Le­de van AfriForum en AfriForum Jeug gis­ter in Groot­Marico ten ty­de van hul pro­tes teen die mo­nu­ment wat die Noord­wes­re­ge­ring daar vir Zuma en an­der vry­heids­veg­ters op­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.