W­Kaap se toe­ris­me­sy­fers groei sterk

Beeld - - Wêreld­beeld - – Ma­re­li­ze Bar­nard

Die Wes-Kaap het bui­te­land­se toe­ris­te ver­le­de jaar soos bye na ’n heu­ning­koek ge­lok.

1,5 mil­joen bui­te­lan­ders het die pro­vin­sie in 2016 be­soek, wat 18,5% meer as in 2015 is.

Alan Win­de, Wes-Kaap­se LUR vir e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de, sê in ’n ver­kla­ring bui­te­land­se toe­ris­te het meer as R18 mil­jard in die Wes-Kaap be­stee. Dit is 21,6% meer as in 2015. 2,1 mil­joen bin­ne­land­se toe­ris­te het die Wes-Kaap be­soek, wat 16,9% meer is as die vo­ri­ge jaar.

Bin­ne­land­se toe­ris­te het R2,5 mil­jard in die Wes-Kaap be­stee, wat 24,3% meer is as die vo­ri­ge jaar.

Win­de sê 2016 was ’n bui­ten­ge­wo­ne jaar vir toe­ris­me in die Wes-Kaap met groei in al die sek­to­re.

Toe­ris­me is die spil­punt van die pro­vin­sie se e­ko­no­mie­se stra­te­gie om­dat dit groot po­ten­si­aal het om werk­ge­leent­he­de te skep.

Die reis­web­werf Tra­vel and Lei­su­re het aan­ge­kon­dig Kaap­stad is as die agt­ste ge­wild­ste s­tad ter wê­reld ge­kies.

Kaap­stad is ook die ge­wild­ste toe­ris­me­stad in A­fri­ka en die Mid­de-Oos­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.