Goeie men­se bou ná bre­ke­ry

Beeld - - Kommentaar - S­pies is pro­ku­reur van AfriForum en be­trok­ke by P­re­to­ria FM.

Mô­re sal dit 228 jaar wees se­dert ’n keer­punt in die Fran­se en wê­reld­ge­skie­de­nis aan­ge­breek het.

Op 14 Ju­lie 1789 het die Fran­se ge­peu­pel die tronk be­kend as die Bas­til­le in Pa­rys be­storm en klip vir klip af­ge­breek.

Hoe­wel daar ten ty­de van die be­stor­ming net se­we ge­van­ge­nes in die Bas­til­le was, is be­ken­des soos die mar­kies De Sa­de en Vol­tai­re in die ge­skie­de­nis daar aan­ge­hou.

De Sa­de was ’n fi­lo­soof wat be­hep was met e­ro­ti­ka en por­no­gra­fie en be­kend was om sy gods­las­ter­li­ke ge­skrif­te. Die term sa­dis­me word ont­leen aan die naam De Sa­de.

Vol­tai­re, die be­ken­de fi­lo­soof en skry­wer, is ’n tyd lank hier op­ge­sluit om­dat hy die ko­nings­huis van bloed­skan­de be­skul­dig het.

Die Bas­til­le was vir die arm Fran­se wer­kers­klas die sim­bool van on­der­druk­king deur die mo­nar­gie en fe­o­da­lis­me van die tyd. Die be­stor­ming en ver­woes­ting van die Bas­til­le het die Fran­se Re­vo­lu­sie in­ge­lui.

Die re­vo­lu­si­o­nê­re wou die land be- vry van die heer­skap­py van die a­del, die kerk en ook wat hul­le as “die Chris­te­li­ke by­ge­loof” be­stem­pel het. Die des­tyd­se re­vo­lu­si­o­nê­re was vir die kerk en die a­del net so kwaad soos wat Zuma-on­der­steu­ners dees­dae vir “wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal” is.

In 1789, kort ná die val van die Bas­til­le, het die Fran­se e­del­man C­har­lesJe­an-François De­pont die B­rit­se staats­man Ed­mund Bur­ke sy in­druk­ke van die Fran­se Re­vo­lu­sie ge­vra. Die re­sul­taat van sy skry­wes was ’n tref­fer­boek, Re­flecti­ons on the Re­vo­lu­ti­on in Fran­ce, wat in 1790 uit­ge­reik is.

Bur­ke het ge­glo dat vry­heid en ge­lyk­heid nie die­self­de ding is nie; dat wa­re ge­lyk­heid net be­staan as dit deur God be­oor­deel word en dat vry­heid net iets is wat bin­ne die per­ke van die reg ge­niet kon word en nie ’n ver­sko­ning is om te doen net wat ’n mens wil nie.

Bur­ke was ook on­ge­mak­lik oor die ra­di­ka­le ver­an­de­ring wat die Fran­se re­vo­lu­si­o­nê­re voor­ge­staan het. Hy het ge­meen die re­vo­lu­si­o­nê­re sal gou gro­ter pro­ble­me er­vaar om­dat hul­le nie ver­staan het dat reg­te al­tyd met oor­een­stem­men­de ver­plig­tin­ge ge­paard­gaan nie.

Bur­ke se kom­men­taar op die re­vo­lu­sie was pro­fe­ties. Die re­vo­lu­sie­ja­re wat ge­volg het, was bloe­dig. Van 1793 tot 1794 het die so­ge­naam­de heer­skap­py van ver­skrik­king on­der die Ja­ko­byn Ro­be­spier­re ge­volg. Tus­sen 16 000 en 40 000 bur­ger­li­kes is in die re­vo­lu­sie met die ge­vrees­de guil­lo­ti­ne te­reg­ge­stel. Die Fran­se sa­me­le­wing is ge­stroop van Chris­te­lik­heid, ker­ke is ge­sluit, gees­te­li­kes is ver­volg en ont­hoof en ei­en­doms­reg is tot niet ge­maak. Van vry­heid, ge­lyk­heid en broe­der­skap was wei­nig oor. Die land was in cha­os en a­nar­gie ge­dom­pel.

Bur­ke is ook be­kend om die spreuk “if good men do no­thing, e­vil will pre­vail”. Ge­luk­kig het goeie men­se in die des­tyd­se Frank­ryk nie niks ge­doen nie.

Die rom­mel wat oor­ge­bly het ná die ver­nie­ti­ging van die Bas­til­le is ge­bruik om ’n brug oor die Sei­ne­ri­vier te vol­tooi. Só is be­weeg­lik­heid in Pa­rys ver­be­ter en is die ver­nie­ti­ging om­skep in ’n pro­ses van her­op­bou­ing. Die brug staan van­dag nog en word steeds ge­bruik.

In 1799 het die wel­va­ren­de Fran­se bur­ger­stand, of bour­geoi­sie, be­sluit ge­noeg is ge­noeg. Die kor­rup­te di­rek­to­raat wat die land die laas­te vyf jaar van die re­vo­lu­sie ge­re­geer het, is om­ver­ge­werp en Na­po­le­on Bo­na­par­te het die staats­hoof ge­word. Goeie men­se het in­der­daad aan die werk ge­spring, ge­bou waar ge­breek is en ver­se­ker dat die kwaad die goeie nie oor­win nie. )

Wil­lie S­pies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.