Ver­loop­te siel bring op­kik­ke­ring

Beeld - - Kommentaar - An­ne­ma­rie van der Walt

Die kag­gel­vuur se geel­o­ran­je weer­kaat­sing teen die ven­ster was op dié win­ters­aand ’n uit­no­di­ging. Of dalk eer­der ’n ver­lei­ding om te ver­geet van die stil­te wat wag by die huis; so stil ’n mens hoor die tik-tik-tik ter­wyl die gei­ser aan die gang kom.

Hul­le was nog al­mal daar: Seun, die blas kroeg­man, wat se­dert­dien ’n kroon (die pre­sie­se kleur van die res van sy ge­bit) ge­kry het in die plek van die ver­lo­re oog­tand; Va­le­rie, eens van die ta­ke­a­way en nou Seun se vrou, op wie se aan­drang hy tand­arts toe is; Jo­han van die ban­de­plek het soos al­tyd met die veer­pyl­tjies in sy hand rond­ge­staan en ge­wag op ’n niks­ver­moe­den­de toe­ris teen wie hy kon ver­loor; en F­lip en Ed­die het om die beurt dooi­e­rus ge­neem op die kant van die pot­spel­ta­fel tot­dat net die swart bal oor was.

Ek het Ni­co­let­te van Vis­ser Ma­ke­laars nie da­de­lik her­ken nie: Haar ha­re was kor­ter, don­ker­der. “Kyk, dit lyk nes Ka­te se ha­re,” het Va­le­rie fluis­te­rend be­duie ter­wyl sy ’n gla­sie rooi mus­ka­del oor die kroeg­toon­bank aan­skuif. “Die prin­ses s’n, mos. Dink se­ker ons is blind, maar ons sién mos hoe sy haar na-aap. Jy moet die skoe­ne sien waar­mee sy dees­dae hier aan­kom . . . as­of sy oor Tra­fal­gar­plein of ie­wers trip­pel.”

Ni­co­let­te het nie soos ge­woon­lik op ’n koue aand Al­les­ver­lo­ren-port ge­drink nie, maar ’n lang glas gin en

to­nic el­ke keer pre­sies op die­self­de klam sir­kel op die toon­bank neer­ge­sit. “In­gel­se gin,” het Seun ge­snuif, “maak nie saak hoe ek pro­beer om haar van die nu­we boe­tiek- gin van hier oor­kant die berg te laat proe nie.”

Die kroeg­deur het oop­ge­gaan, Jo­han het hoop­vol op­ge­kyk en F­lip en Ed­die het op­sy ge­staan so­dat die man met die ki­taar oor sy skou­er kon ver­by stap. Nie­mand het snaaks ge­dink nie; ons is ge­woond aan ver­loop­te sie­le.

Va­le­rie het die mu­siek sag­ter ge­draai toe die man met ’n vra­en­de kop­knik sy sit met die ki­taar kry. “G­reen, G­reen Grass of Ho­me” was die eer­ste lied, en Ni­co­let­te het op­ge­kik­ker en met haar hak­skoe­ne tyd ge­hou, tik-tik-tik. “Een­dag is een­dag . . .” het sy ge­sug. Toe die ki­taar­spe­ler la­ter weg­trek met “La­dy G­reens­leeves”, was sy ’n bie­tjie tra­ne­rig.

Ek’t ge­sien Jo­han fluis­ter iets in die mu­siek­ma­ker se oor, dié het ge­knik en ’n bek­fluit­jie van ie­wers op­ge­diep. Jo­han het Ni­co­let­te ge­vra om te dans, en sy het op­ge­staan en bo­kant hom uit­ge­troon op die hoë hak­ke. Toe die eer­ste no­te van “Sa­rie Ma­rais” be­gin­ne, kon ek die mis­noeë op haar ge­sig sien, maar Jo­han het sy g­reep op haar ge­hou, die veer­pyl­tjies soos ’n bon­del­tjie ta­ren­taal­ve­re hier ag­ter haar oor.

En het hul­le nie ge­dans nie. Ed­die en F­lip het Jo­han om die beurt af­ge­los, want toe’s daar nie ein­de aan Ni­co­let­te of die ki­taar­man se re­per­toi­re van die FAK-bun­del nie. Haar glad­de ha­re het met die swe­te­ry die ou be­ken­de kin­kel te­rug­ge­kry en toe ek weg­glip, sien ek die ho­ë­hak­skoe­ne lê een­kant, ver­ge­te soos die plas­tiek­kro­ne waar­mee mei­sie­tjies prin­ses-prin­ses speel.

‘‘ Toe die eer­ste no­te van ‘Sa­rie Ma­rais’ be­gin­ne, kon ek die mis­noeë op haar ge­sig sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.