Bou ver­hou­dings op voet­sool­vlak

Beeld - - Kommentaar - JC van Dyk, S­keer­poort

Adv. Ben van der Walt se kri­tiek (11.07) op Da­wie Ja­cobs het be­trek­king.

Ek vind dit a­mu­sant dat die “ge­leer­de vriend” (soos die regs­men­se me­kaar aan­spreek) hom be­roep op “hy hoor” wat Ja­cobs in die stra­te doen. Dis mos fa­taal om te be­skul­dig op on­ge­toets­te ge­tui­e­nis, dan nie?

T­wee­dens wil ek Van der Walt graag aan­raai om ’n op­na­me te doen van hoe die B­rit­te se oor­log teen die Boe­re-A­fri­ka­ners steeds wre­wel wek. Meer as 100 jaar en vier, vyf ge­slag­te la­ter het ons nie ver­geet nie. Maar wan­neer ons kom by swart men­se, dan ver­wag ons, die­self­de be­swaar­des, dat die ver­on­reg­tes bin­ne twee de­ka­des al­les wat met hul­le ge­beur het, moet ag­ter­laat en ons as’t wa­re moet loof “ag dan­kie, my groot­baas”.

Ja, die re­ge­ring maak droog, maar op voet­sool­vlak is daar baie te doen om ver­hou­dings te ver­be­ter. Dit, dink ek, is waar­aan Ja­cobs werk. On­ge­luk­kig is daar te min wit men­se wat hier­die waar­heid on­der die knie het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.