In­ni­bos sien ons nie weer

Beeld - - Kommentaar - T­heuns Del­port, Be­no­ni

Dit was van­jaar ons 13de be­soek aan In­ni­bos.

Kan San­dra Ja­cobs as­se­blief ver­dui­de­lik wat ver­keerd ge­loop het met die ver­hoog­pro­duk­sies? Ons het am­per R3 000 vir twee men­se be­taal vir tien pro­duk­sies. Nie een van die pro­duk­sies was meer as 50% vol nie. Die stan­daard van die aan­bie­ding was nie baie goed nie – dit was ook die al­ge­me­ne me­ning van men­se met die uit­stap.

Die ske­du­le­ring van die ver­to­nings is van so ’n aard dat daar nie ge­noeg reis­tyd van een saal na die vol­gen­de toe­ge­laat word tus­sen ver­to­nings nie. ’n Mens word eint­lik ver­plig om jou keu­ses so te doen dat jy be­tyds by die vol­gen­de saal kan uit­kom en nie die ver­to­nings van jou keu­se sien nie.

Dit het ons rof­weg R7 000 vir die na­week ge­kos. Sal ons vir die 14de keer gaan? Ek dink nie so nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.