Vroue on­der­da­nig? A nee a, An­gus!

Beeld - - Kommentaar - JC S­mit, P­re­to­ria

Ek ge­niet An­gus Bu­chan se pre­ke op Son­dag­mid­dae, maar dit ir­ri­teer my grens­loos dat hy dit al­e­wig moet be­klem­toon dat die man te al­le tye die hoof is en dat die vrou on­der­da­nig aan hom moet wees.

Mis­kien de­ka­des ge­le­de, maar dit is nie meer in ons tyd van toe­pas­sing nie.

My vrou was nog al­tyd ge­lyk aan my, en ná 45 jaar blom ons hu­we­lik steeds. Sy het tien jaar lank ge­stu­deer en het ver­skeie u­ni­ver­si­teits­gra­de, waar ek net gr. 10 ge­slaag het. Nou moet sy om­dat sy ’n vrou is, on­der­da­nig aan my wees?

Dit is bog om die min­ste te sê! Die By­bel is dui­sen­de ja­re ge­le­de ge­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.