Goeie Nuus

Raak stil, kom tot ver­haal

Beeld - - Middelblad - – S­te­phan Jou­bert

Niks­doen en die mees­te van ons is nie goeie vrien­de nie. Din­ge moet ge­beur. Stil­sit is tyd­mors. Die son trek wa­ter. Te veel van ons jaag rond van vroeg tot laat. Ons het niks tyd oor vir an­der men­se, of vir God nie. Oor­vol dag­boe­ke, be­si­ge ske­du­les en ein­de­lo­se af­spra­ke slurp al ons tyd op.

Dit is ska­de­lik om so te leef. Die He­re weet ons het rus no­dig. Hy het aan die be­gin ’n rus­dag, ’n sab­bat, uit­ge­roep so­dat ons tot stil­stand sal kom om Hom en me­kaar be­ter raak te sien en op­nuut te waar­deer.

Ons elk­een skuld vir God, ons­self en me­kaar ’n ge­reel­de sab­bat, ’n vas­te tyd el­ke week wan­neer ons tot be­da­ring kom. Dan is dit som­mer ook ’n goeie tyd om ons sel­fo­ne, e-pos en in­ter­net te laat rus. Sab­bat-tyd is God-tyd en fa­mi­lie­tyd. In die­self­de a­sem kort ons el­ke dag ge­reel­de oom­blik­ke om stil te raak en tot ver­haal te kom, God s’n be­doel ek! So nie, gaan ons uit­brand!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.