Cy­ril, Zi­zi maak net to­ne nat oor Gup­tas

Beeld - - Middelblad -

In ’n hoop­vol­le ont­wik­ke­ling be­gin al hoe meer lei­ers­fi­gu­re in die ANC daag­liks uit­vaar teen die Gup­tas en staat­skaping. Zi­zi Kod­wa, die ANC se me­di­a­man, het on­langs ’n paar op­stop­pers uit­ge­deel aan die B­rit­se ska­kel­maat­skap­py Bell Pot­tin­ger oor die ras­se­ver­deeld­heid wat hy in die land help saai het.

Net gis­ter het Cy­ril Ramaphosa ver­klaar hy gaan nie lan­ger oor staat­skaping stil­bly nie en hy eis ook dat die mil­jar­de wat ge­steel is, ver­haal word. Bla­de N­zi­man­de, SAKP­groot­baas, het al hard in­ge­klim en so ook Da­vid Mak­hu­ra, Gau­teng­se pre­mier.

Maar met al die ge­raas lyk hul­le al­mal soos swem­mers wat net to­ne nat­maak, maar nie wil in­spring en swem nie. Wie sit ag­ter al­les? Waar­om be­gin die Val­ke en po­li­sie nie ver­volg nie? Wat doen jul­le daar­aan? Om staat­skaping en die Gup­tas te noem son­der Ja­cob Zuma se naam in die­self­de sin, is soos ei­er son­der sout. Goed ge­praat, maar nou vir die in­gryp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.