’n Ka­rak­ter wat soos ’n ska­du­wee by jou bly

Die ak­tri­se Jen­ni­fer S­teyn le­wer ’n krag­toer in die to­neel­stuk tans in die Mark­te­a­ter in Jo­han­nes­burg. Hier gee sy in­sae in haar voor­be­rei­ding vir dié uit­da­gen­de rol. Ma­ri­na G­rie­be­now het haar per e­pos uit­ge­vra.

Beeld - - Kuns & Vermaak - Se speel­vak in die Mark­te­a­ter in Jo­han­nes­burg duur tot Son­dag. Dit gaan ook na die te­a­ter­fees in E­din­burg, S­kot­land.

Met jou aan­vaar­ding van die F­leur du Cap­prys as bes­te ak­tri­se vir jou ver­tol­king in

het jy ge­sê dit voel vir jou as­of jy al­tyd aan die ont­vang­kant staan – van die men­se saam met wie jy werk, jou leer­mees­ters, jou men­tors, jou pre­di­kers, die lug, die aar­de waar­op ons loop tot die see en wind. Hoe het die pro­ses van “ont­vang” be­trek­king op jou rol in dié dra­ma? Ek is nie nood­wen­dig u­niek in die ma­nier hoe ek ont­vang nie. Dis dalk hoe ons al­mal dit er­vaar. Ek is ’n gees wat mens word deur die lief­de en pyn van ge­boor­te. So­doen­de word ek deel van ’n ge­sin en daar be­gin ek ont­vang. Al­les om­trent my ge­sin en die wê­reld om my kruip on­der my vel in en vind hul pad na my lyf, ver­stand en hart. En met gees, soos ek din­ge ver­staan, kom selfs meer – meer vi­bra­sies van din­ge wat ek nie eens be­wus­te­lik er­vaar nie.

Ek leer baie van baie men­se en neem deel aan ’n dans om te pro­beer ver­staan hoe ek moet aan­gaan. Ek ver­werk en wor­stel met al daar­die in­lig­ting. Ek leer dat ek min weet oor te veel din­ge. Ek ont­hou eg­ter e­mo­si­o­ne­le land­skap­pe. Ek er­vaar vreug­de en pyn en al die kleu­re tus­sen­in en dís wat ek in my werk te­rug­ploeg. Ek ka­na­li­seer deel­tjies van al­les wat ek ont­vang.

In die on­ge­loof­li­ke voor­reg en ver­ant­woor­de­lik­heid wat ek het om Sa­rah in The In­con­ve­nien­ce of Wings te ver­tolk, maak ek staat op wat ek in an­der ge­sien het en ook op my in­ner­li­ke grond­kom­bers van er­va­ring. Ek is dit al­les ge­gee, te­sa­me met die ga­we van weet­gie­rig­heid wat my deur­gaans dwing om te soek na meer.

Op ’n prak­tie­se vlak kan ek dit doen om­dat ek ’n huis en ’n vriend-man het wat ’n plek skep van­waar ek kan speel. Dit is vei­lig en an­ker my. Ek kan dus ont­plof van­uit daar­die vei­li­ge plek en weer te­rug­keer daar­heen. My ma het aan my die ruim­te vir o­n­af­hank­li­ke den­ke en op­tre­de ge­gee, as­ook my fa­mi­lie en vrien­de.

Ek loop op ’n deel van die pla­neet wat die on­ge­loof­lik­ste ruim­te is, Suid-A­fri­ka. Sy lê die be­we­gings van die heel­al vir my bloot en sê: ‘Hier is jy. Jy is deel van my. Kyk na al­les wat ek vir jou wil gee.’

Ek dink Sa­rah, in hier­die ma­gie­se to­neel­stuk, ken al hier­die lief­de. Sy is eg­ter só oor­wel­dig deur ’n brein met ’n che­mie­se wan­ba­lans dat sy oor die rand van haar sto­rie val. Dis ver­nie­ti­gend vir haar. Ook vir haar man wat haar so lief­het en hul vriend, die pro­fes­sor, wat soos e­ni­ge vriend ook net so­veel kan gee, want hy is ook on­vol­le­dig.

Daar is iets van ons in al hier­die ka­rak­ters en dís waar­om die­ge­ne wat die reis met ons kom mee­maak, deel­tjies van die waar­heid ont­vang om­trent hul­self of ie­mand wat hul­le ken. Jy het al ge­sê daar is geen “uit­da­gend­ste” rol nie; dat al­le rol­le uit­da­gend is. Wat was die uit­da­gings en ei­se wat jy er­vaar het in jou ver­tol­king van Sa­rah? Dis so won­der­lik dat die stuk by die ein­de be­gin. Ek, as kuns­te­naar, en die ge­hoor weet on­mid­del­lik hoe die sto­rie ge­ëin­dig het. Ons hoef dus nie te wag of ons die ein­de te ver­beel of tyd daar­aan te be­stee deur daar­oor te won­der nie. Ons weet.

Van daar­die punt af is dit ’n “bloot­leg­ging” van hoe din­ge by daar­die punt uit­ge­kom het. Sag­kens en dui­de­lik word al­les bloot­ge­lê, van die ein­de te­rug na die be­gin. Dis ook hoe dit is om dit te ver­tolk. So­dra ons ons oor­ge­gee het aan die eer­ste oom­blik, wat eint­lik die laas­te oom­blik is, kan die res ons ver­ras.

Sa­rah is ’n fas­si­ne­ren­de vrou en in die to­neel­stuk, na­ma­te sy jon­ger raak, word sy e­mo­si­o­neel don­ker­der. Daar is ’n heer­li­ke heen-en-weer-wer­king van e­ner­gie. Die stuk, so sorg­saam ge­struk­tu­reer, laat my toe om bloot te re­a­geer op die woor­de soos dit ge­skryf is. Baie ge­beur deur net dít te doen. La­ra Foot se re­gie is dui­de­lik, skoon en kre­a­tief geil. Dít an­ker al die oor­gan­ge. Ek doen ’n paar teg­nie­se din­ge, maar dit voel werk­lik of die om­ge­keer­de kur­we van die stuk net ge­beur, en dat dit boon­op ge­beur pre­sies soos dit moet. Die vreug­de is dat dit nooit op pre­sies die­self­de ma­nier ge­beur nie.

Om in ka­rak­ter te kom in ’n rol soos hier­die be­gin by­kans die oom­blik as jy wak­ker word op ’n dag waar­op jy op­tree. Sy is deur­gaans my ska­du­wee. Nee, dit be­te­ken nie dat ek nie af­stand van haar kry nie. Dít doen ek wel, maar daar is ’n fyn goue draad wat ons aan me­kaar bind. Dis eg­ter meest­al sag en maak nie in­breuk nie.

Fiks­heid en krag, e­mo­si­o­neel en fi­siek, is my werk. Ek pro­beer dit dus na die bes­te van my ver­moë op­bou en vol­hou. By die te­a­ter is daar die pro­ses om al die kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le oop te maak. Ek stel die stem vry om ruim­te te skep vir al haar klank­kleu­re en ook nu­wes wat dalk op­daag.

Ek strek en wik­kel so­dat ek nie my­self be­seer wan­neer ek fi­siek moet raak nie. Dít moet ek aand vir aand kan vol­hou.

Ek be­gin ook el­ke op­tre­de in ge­bed. Ek gee my­self daar­aan oor om lief­de te ont­vang, om lief­de te voel vir al­les wat die ge­ge­we aand ge­beur en ont­slae te raak van e­ni­ge skuld­ge­voe­lens wat ek dalk mag hê. Om­dat ek dik­wels in ’n moe­ras van on­se­ker­heid is, be­stee ek tyd daar­aan om my self­ver­se­ke­ring en self­ver­troue ’n hup­stoot te gee.

han­del oor die­ge­ne wat aan gees­te­siek­tes ly en die­ge­ne wat hul­le ver­sorg, as­ook an­der wat deur hul si­tu­a­sie ge­raak word. Hoe het jy en jou me­de­ak­teurs, Andrew Buck­land en Mn­ce­di­si S­ha­ban­gu, te werk ge­gaan om die de­li­ka­te ba­lans te be­werk­stel­lig tus­sen die ma­te van em­pa­tie wat vir Sa­rah moet be­staan en vir die men­se wat ge­raak word deur haar bi­po­la­ri­teit? Ek dink die ver­trek­punt is die em­pa­tie wat ek, Andrew en Mn­ce­di­si vir me­kaar as men­se het. As kuns­te­naars re­spek­teer en be­won­der ons me­kaar. In­dien jy nie jou me­de­ak­teur kan aan­vaar en om­hels vir wat hy of sy is nie, is dit by­kans on­moont­lik om saam iets te skep.

Die em­pa­tie vir Sa­rah be­staan in die teks. La­ra stel voor hoe hul­le ’n een­heid sal vorm. Ons al­mal eer dit en dan is dit mak­lik, want dis waar.

As ’n mens vir ie­mand om­gee, wil jy vir hul­le die bes­te hê. Ons hou nie daar­van om me­kaar in pyn te sien nie. As ons me­kaar goed ken, weet ons dik­wels goed wat moet ge­beur ter wil­le van die wel­stand van die an­der. As jy ie­mand lief­het, is dit moei­lik, selfs on­moont­lik, om hand­doek in te gooi.

Die Zen-ma­nier is om te ver­staan dat ’n mens nie die af­bre­ken­de di­na­mi­ka van ’n an­der moet aan­neem nie. Dit is eg­ter nie mak­lik om ’n ge­lief­de in die steek te laat nie. Dis soos om ’n dren­ke­ling se hand te los.

O, en dan is daar die ver­pes­te­li­ke vraag – wie is jy son­der die een wat jy lief­het? Selfs al is hul­le nie goed vir jou nie. On­vol­le­dig en al­leen, dalk? Waar­de­loos, red­de­loos? Dalk jou eie don­ker­te wat na­der kruip? )

The In­ Jen­ni­fer S­teyn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.