Pro­gram oor hon­de is E­pol vir die siel

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die laas­te ding waar­voor ek lus is om op te­le­vi­sie te kyk, is e­nig­iets wat met hon­de te doen het.

Met drie wors­hon­de pal aan die sy, on­der die blaaie en op die skoot, ei­en ek my die self­sug­ti­ge reg toe om vir die tyds­duur van ’n 30-mi­nu­te-te­le­vi­sie­pro­gram ver­los te wees van e­nig­iets wat ’n mens her­in­ner aan die veel­ei­sen­de rol van hon­de­voog wees.

Ter wil­le van die koe­rant­le­ser en ’n ver­blin­den­de toe­wy­ding tot A­fri­kaan­se te­le­vi­sie, moes ek eg­ter e­ni­ge voor­oor­de­le die hoof bied en in­ska­kel op Hond se ge­dag­tes, kykNET se nu­we reeks oor, ja, hon­de.

Die te­ë­sin­ni­ge be­sluit is be­loon met die be­sef dat om vir ’n half­uur lank na die ge­blaf, tong­uit­hang, stert­swaai en dol­le hard­loop van hon­de te kyk veel meer be­vre­di­gend is as om deel- ne­mers aan e­ni­ge werk­lik­heids­te­le­vi­sie te aan­skou of die ver­toon­stuk­ke van ’n A­fri­kaan­se mu­siek­pro­gram mee te maak.

Nee, men­se is da­rem nie al­mal so nie, en dit word be­wys deur Hond se ge­dag­tes se in­ne­men­de aan­bie­der, Li­z­ma van Zyl. Li­z­ma het al ’n he­le paar draaie deur die me­di­a­wê­reld ge­stap, on­der meer as ra­di­o­joer­na­lis.

En saam met haar ver­knogt­heid aan haar on­der­werp hier – naam­lik hon­de – is haar pro­fes­si­o­na­li­teit wat be­tref ken­nis, die oor­dra van ge­stroop­te in­lig­ting en die or­dent­li­ke ge­bruik van A­fri­kaans net so ou­lik om te aan­skou soos die ge­sig van ’n ge­troue oop­bek­bul­ter­ri­ër wat op sy nooi se skoot sit.

In die eer­ste e­pi­so­de het Li­z­ma die na­tuur­ken­ner Da­ve Pe­pler ge­kry om ’n bie­tjie nut­ti­ge ag­ter­grond te gee oor die ont­staan van die spe­sie Ca­nis fa­mi­li­a­ris dui­sen­de ja­re ge­le­de, toe wol­we saam met men­se be­gin ver­keer het.

Die ky­ker is ook aan Li­z­ma se eie sprui­te voor­ge­stel, naam­lik die op­ge­sko­te krul­stert-spits­oor­Bud­dy en be­jaar­de ou Pip­pa, die do­we wors­hond­te­fie wat die mees­te van die tyd teen haar baas se bors vas­ge­hou word. My voor­spel­ling is dat Bud­dy en ver­al Pip­pa ná dié pro­gram on­der kykNET se ge­wild­ste se­le­bri­tei­te gaan tel.

Pip­pa, ’n voor­slagkef­fer soos wat net ’n wors­hond kan wees, kry dalk nog haar eie ge­sels­pro­gram op te­le­vi­sie.

Van­dees­week is Li­z­ma vort na De Waal-park in Kaap­stad om oor ver­skil­len­de hon­de­ras­se te ge­sels en te hoor wat die die­re se ei­e­naars te sê het, ter­wyl die stads­hon­de be­hoor­lik a­mok maak op die gras­per­ke.

Is daar ’n meer be­vre­di­gen­de ge­sig en ’n soe­ter klank as ’n spul hon­de van ver­skil­len­de groot­tes, vor­me en per­soon­lik­he­de wat met on­ge­brei­del­de le­wens­lus hol, spring, speel en blaf? Dit is E­pol vir die siel. Met haar yorks­hi­re­ter­ri­ër op haar skoot, was An­ne­lien se bood­skap dui­de­lik: “Guc­ci is ál­les vir my, sy’s my he­le le­we.” Die ge­pam­per­lang­de ha­re­dos – die hond s’n – en die strik­kie tus­sen die ore was ’n ver­de­re be­wys dat An­ne­lien vir Guc­ci as ’n kind be­skou, hoe­wel die bul­ter­ri­ër Em­ma langs­aan vir Guc­ci be­loer het met ’n vleis­lus wat Tim No­a­kes se goed­keu­ring sou weg­dra.

Die s­pan­ning het op­ge­laai en ek het ge­weld ge­vrees aan­ge­sien ’n bul­ter­ri­ër soos Em­ma ver­skrik­li­ke ly­ding kan er­vaar as ’n yor­kie in haar keel moet vas­sit.

Daar is ge­praat met ei­e­naars van an­der hon­de­ras­se, waar­na Li­z­ma by­der­hand sal wees om ge­vat­te in­lig­ting oor el­ke hond te ver­skaf.

Soos slegte nuus: Daar­die schnau­zer van Jo­han sal net vir so­wat 14 jaar in die om­trek wees om Jo­han se meu­bels op te vreet, maar – goeie nuus – sy sal vir haar tyd op aar­de goeie ge­sond­heid ge­niet.

Hoe­wel ’n mens dalk kan dink daar is niks meer om van hon­de te weet en oor hul­le te leer nie, her­in­ner Hond se ge­dag­tes dat el­ke hond maar sy dag kan kry – en dit is heel­dag al­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.