Ver­brui­kers ver­troue se sil­wer rand­jie kwyn

Beeld - - Sake Beeld - Nel­lie Brand­Jon­ker

Ver­brui­kers ver­troue het in die twee­de kwar­taal van 2017 ver­der te­rug­ge­val tot van die laag­ste vlak­ke se­dert 1994.

Di tis vol­gens die jong­ste in­deks van ver­brui­kers ver­troue wat deur First National Bank (FNB) en die Bu­ro vir E­ko­no­mie­se On­der­soek (BEO) saam­ge­stel word.

Dit het in die twee­de kwar­taal tot -9 pun­te ge­val. Dit was in die vier­de kwar­taal van 2016 op -10, waar­na dit in die eer­ste kwar­taal tot -5 kop op­ge­tel het.

In 1994 was dit op -20 in­deks­pun­te. Se­dert­dien was die laag­ste vlak die -15 wat in die twee­de kwar­taal van 2015 aan­ge­te­ken is. Po­li­tie­ke on­rus, beurt­krag en die swak rand het ver­brui­kers ver­troue in dié kwar­taal ge­knou.

Ja­son Mus­cat, ’n se­ni­or e­ko­no­mie­se ont­le­der by FNB, sê hoe­wel die sy­fer vir die twee­de kwar­taal van 2017 be­ter is as die een van 2015, moet dit ge­sien word teen die ag­ter­grond dat die sy­fer se­dert 1994 gemid- deld op +4 in­deks­pun­te was.

“Dit is die lang­ste tyd­perk dat ver­brui­kers ver­troue on­der nul boer se­dert die pei­ling in 1982 be­gin is – 12 kwar­ta­le op­een­vol­gend,” sê Mus­cat.

In die eer­ste kwar­taal van­jaar het ver­brui­kers ge­dink die e­ko­no­mie sal oor 12 maan­de be­gin kop op­tel. Dit was om­dat land­bou­pro­duk­sie ver­be­ter het, in­fla­sie be­gin ver­lang­saam het en groot wê­reld­e­ko­no­mieë te­kens van ver­be­te­ring be­gin toon het.

Mus­cat sê die sie­ning oor die voor­uit­sig vir die e­ko­no­mie – een van die on­der­af­de­lings van die pei­ling – het in die twee­de kwar­taal om­ge­keer. Die voor­uit­sig vir die e­ko­no­mie het van -1 in­deks­punt skerp tot -22 ge­val.

“Die om­keer kan toe­ge­skryf word aan die skok vir ver­troue toe die staat­skuld af­ge­gra­deer is ná die mid­der­nag­te­li­ke ka­bi­net skom­me­ling ein­de Maart en die nuus dat die e­ko­no­mie in ’n re­ses­sie is.”

In die eer­ste helf­te van 2017 het min­der ver­brui­kers ver­wag hul huis­hou­ding se geld­sa­ke gaan in die vol­gen­de jaar ver­be­ter ver­ge­le­ke met die oor­een­stem­men­de tyd ver­le­de jaar.

“Ge­woon­lik gee ’n da­ling in in­fla­sie huis­hou­dings se be­ste­dings­krag in re­ë­le ter­me ’n hup­stoot om­dat sa­la­ris­se en lo­ne ti­pies dan met meer as die in­fla­sie­koers styg.

“Maar dié keer het sa­la­ris­se en lo­ne ma­tig ge­styg ver­ge­le­ke met wat in die ver­le­de ge­sien is. Boon­op het die sty­ging in per­soon­li­ke be­las­ting in die twee­de kwar­taal e­ni­ge ver­ho­ging uit­ge­wis.”

Vol­gens hom het die swak stand van die e­ko­no­mie en die ver­wan­te swak fi­nan­si­ë­le ver­to­ning van maat­skap­pye tot die be­perk­te ver­ho­gings in sa­la­ris­se en lo­ne ge­lei. Boon­op is oor­tyd en bo­nus­se ver­min­der of weg­ge­neem.

‘‘ Po­li­tie­ke on­rus, beurt­krag en die swak rand het ver­brui­kers­ver­troue in dié kwar­taal ge­knou.

Ver­troue van die ver­skil­len­de in­kom­ste­groe­pe

Bron: FNB/BEO Gra­fi­ka24

Ver­brui­kers­ver­troue

Bron: FNB/BEO Gra­fi­ka24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.