VSA oor­heers lys van wê­reld se groot­ste maat­skap­pye

Beeld - - Sake Beeld - Niel Jou­bert

Die lys van die groot­ste maat­skap­pye ter wê­reld word steeds oor­heers deur A­me­ri­kaan­se maat­skap­pye, wat dank­sy on­der meer in­no­va­sie net aan­hou groei.

Ap­ple bly die maat­skap­py met die groot­ste mark­waar­de, vol­gens PwC se ver­slag oor die 100 groot­ste maat­skap­pye in die wê­reld. Die VSA het 55 maat­skap­pye on­der die top-100, wat saam ver­ant­woor­de­lik is vir 63% van die to­ta­le mark­waar­de van die top-100.

Die top-10 groot­ste maat­skap­pye is ook al­mal van die VSA.

Die to­ta­le mark­waar­de van die wê­reld se 100 groot­ste maat- skap­pye het die vo­ri­ge jaar se ver­lie­se uit­ge­wis en met 12% ge­klim tot ’n re­kord­vlak van so­wat $17 400 mil­jard.

Ap­ple is vir die ses­de op­een­vol­gen­de jaar die top­maat­skap­py. Die ga­ping tus­sen Ap­ple en Alp­ha­bet (voor­heen Google), wat twee­de lê, het meer as ver­dub­bel in die af­ge­lo­pe jaar.

Alp­ha­bet het Ap­ple kort­ston­dig ver­by­ge­steek in Fe­bru­a­rie 2016, maar Ap­ple is nou $175 mil­jard meer werd as Alp­ha­bet. Ap­ple se mark­waar­de het van­jaar met so­wat 25% of $149 mil­jard toe­ge­neem.

A­ma­zon het ook sterk ver­toon en sy mark­waar­de het met meer as 50% toe­ge­neem.

Die teg­no­lo­gie­sek­tor het ver­le- top­po­si­sie. Die drie groot­ste maat­skap­py kom uit die teg­no­lo­gie­sek­tor – Ap­ple, Alp­ha­bet en Mi­cro­soft – ter­wyl Facebook in die ses­de plek is.

Eu­ro­pa het 22 maat­skap­pye in die top-100, ge­volg deur B­rit­tan­je in die der­de plek met vyf maat­skap­pye. Hy het in die vo­ri­ge jaar se­we ge­had, maar SABMil­ler is ge­de­no­teer na­dat hy deur An­he­u­ser-Busch oor­ge­neem is en Vod­a­fo­ne het uit­ge­val.

C­hi­na en Hong­kong is in die vier­de plek en twee C­hi­ne­se maat­skap­pye – Ten­cent en A­li­ba­ba – lê on­der­skei­de­lik elf­de en twaalf­de. C­hi­na het 11 maat­skap­pye in die top-100.

C­lif­ford Tomp­sett, hoof van no­te­rings van PwC, sê die ga­ping tus­sen die groot­ste A­me­ri­kaan­se maat­skap­pye en die res van die wê­reld ver­groot steeds.

“A­me­ri­kaan­se maat­skap­pye maak die mees­te van hul glo­ba­le reik­wyd­te, fi­nan­si­ë­le sterk­te en ver­moë om te in­no­veer, in sterk teen­stel­ling met maat­skap­pye in Eu­ro­pa en B­rit­tan­je, wat aan­hou val op die lys,” sê hy.

Tomp­sett sê ná ’n tyd­perk van stag­na­sie vaar C­hi­ne­se maat­skap­pye ook be­ter en Ten­cent en A­li­ba­ba kan vol­gen­de jaar die top-10 haal. ) Die ont­le­ding word ge­doen soos op 31 Maart 2016 en 31 Maart 2017 en be­paal die maat­skap­py se mark­waar­de in A­me­ri­kaan­se dol­lar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.