Goeie nuus! Jan Taks stel stel­sel­fout sélf reg

Beeld - - Sake Beeld - Han­lie S­tad­ler

Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) het sy som­me­tjies reg­ge­stel.

Dit is ’n groot ver­lig­ting vir die en­ke­le be­las­ting­be­ta­lers wat van­te­vo­re meer vir hul af­tre­de ge­spaar het as wat hul­le van be­las­ting kon af­trek.

Vol­gens Lou is S­tan­der ,’ n be­las­ting prak­ti­syn van Jo­han­nes­burg, is een van sy kli­ën­te se aan­slag ou­to­ma­ties aan­ge­pas en die kre­die­te vir vo­ri­ge ja­re word nou wel weer­spie­ël.

Die SAID het die fout dus bin­ne we­ke reg­ge­stel.

Daar is Maan­dag be­rig ’n stel­sel­fout vir die 2017-be­las­ting­op­ga­we raak men­se wat in vo­ri­ge ja­re méér as die be­las­ting af­trek­ba­re be­drag in­hul pen­si­oen­fonds en uit­tree-an­nu­ï­tei­te (UA) be­lê het.

Dit hou ver­band met die ver­an­de­ring in be­las­ting re­gu­la­sies, wa tjou voor­heen toe­ge­laat het om 15% van jou be­las­ba­re in­kom­ste be­las­ting­vry tot UA’s by te dra, ter­wyl jy nou al­te­sa­me 27,5% be­las­ting­vry tot al­le af­treepro­duk­te (UA’s, pen­si­oen- en voor­sorg­fonds) mag by­dra.

Die 27,5% is te­rug­wer­kend van toe­pas­sing. As jy dus van­te­vo­re meer as die 15% by­ge­dra het, kan e­ni­ge by­drae van meer as 15% nou van jou in­kom­ste af­ge­trek word voor­dat jy jou be­las­ting uit­werk.

Dis dié ek­stra kre­die­te wat aan­vank­lik nie ver­re­ken is nie. Dit i snou ou­to­ma­ties reg­ge­stel, son­der dat be­las­ting­be­ta­lers hul be­las­ting­aan­slag hoef te be­twis.

Be­las­ting­op­ga­wes vir die 2017-be­las­ting­jaar kan al van 1 Ju­lie af in­ge­dien word.

Die SAID sê hy het weens die swak e­ko­no­mie in die eer­ste twee maan­de van die nu­we be­las­ting­jaar (Maart en A­pril) min­der be­las­ting (van al­le soor­te) in­ge­vor­der het as waar­voor hy be­groot het.

As in­vor­de­ring nie ver­be­ter nie, gaan die SAID R55 mil­jard min­der be­las­ting in­vor­der as waar­voor be­groot is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.