Rand swaai om ná te­kens dat Fed briek aan­draai

Beeld - - Sake Beeld - Han­lie S­tad­ler

Die rand het gis­ter­mid­dag ’n dras­tie­se om­me­keer ge­doen en tot selfs R13,29 teen­oor die dol­lar ver­sterk.

Dié Da­mas­kus-er­va­ring het ge­kom na­dat dr. Ja­net Yel­len, voor­sit­ter van die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed), voor die A­me­ri­kaan­se kon­gres ge­tuig het dat die Fed glad nie oor­haas­tig gaan wees om ren­te­koer­se te ver­hoog nie. Yel­len, wat twee­jaar­liks aan die kon­gres ver­slag doen, is steeds be­kom­merd oor trae in­fla­sie.

Dit het die dol­lar op die ag­ter­voet ge­plaas. Die dol­lar het teen die mees­te groot geld­een­he­de ver­swak en die rand was een van die groot­ste wen­ners.

Die rand het 33c veld ge­wen ver­ge­le­ke met die swak­ste vlak van Dins­dag, toe die rand selfs R13,62 ge­tref het.

Die rand het wel steeds die af­ge­lo­pe maand met 3,7% ver­swak en han­de­laars be­stem­pel die geld­een­heid as een van die “droe­wi­ge drie­tal” saam met die Turk­se li­ra en die Rus­sie­se roe­bel.

John Cairns, va­lu­tas­tra­teeg van RMB, het vroeg­og­gend ge­sê die sen­ti­ment is “broos”. Plaas­li­ke po­li­tie­ke fak­to­re speel ook ’n groot rol in die rand­swak­heid.

In 2013 is die rand ook uit­ge­wys as een van die “bro­se vyf” geld­een­he­de in die op­ko­men­de mark­te wat bloot­ge­stel is wan­neer die Fed be­gin om sy ren­te­koer­se te ver­hoog of die staats­ef­fek­te op sy ba­lans­staat te be­gin ver­koop.

Dit was weens die land se groot te­kort op sy lo­pen­de re­ke­ning. Die te­kort op die lo­pen­de re­ke­ning het in­tus­sen baie ver­be­ter en dit het die hoop laat ont­staan dat die rand van dié lys ge­haal sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.